# Die Mededingingskommissie sê Suid-Afrikaanse huishoudings is steeds onder aansienlike lewenskostedruk, met noodsaaklike uitgawes soos elektrisiteit, water, vervoer en gesondheidsorg wat vinniger as algehele inflasie styg. Woordvoerder Siyabulela Makunga sê die kommissie se jongste lewenskosteverslag toon dat elektrisiteitspryse met agt-persent en watertariewe met tien-persent gestyg het tussen Julie verlede jaar en Julie vanjaar, terwyl petrolpryse […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging sê stygende brandstofpryse druk Suid-Afrikaanse werkers onder die oorlewingslyn. Die vakbond sê petrolpryse het in die afgelope vyf jaar met meer as 70-persent gestyg, terwyl dieselpryse met 141-persent gestyg het. Phakamile Hlubi-Majola van MISA sê stygende brandstof-, elektrisiteits- en voedselkoste plaas toenemende druk op huishoudings, met baie werkers wat gedwing word om […]
# JustMoney dring aan Suid-Afrikaanse verbruikers moet slimmer gebruik maak van lojaliteitsprogramme om hul begrotings te rek te midde van die stygende lewenskoste. Verbruikers word aangeraai om te fokus op programme wat gekoppel is aan goedere en dienste wat hulle reeds gebruik, om die bepalings te verstaan, en te kyk wanneer belonings verval en voordeel […]
# Minstens 37 mense is dood weens giftige dampe terwyl hulle na bewering petrol uit ‘n pyplyn in Nigerië se Rivers-staat gesteel het. ‘n Omgewingsgroep het aan die BBC gesê baie word steeds vermis nadat meer as 100 mense in bootjies op die Okari-pier in Okrika toegesak het om die brandstof in die donker te […]
# Die staat sê die leerdervervoerbestuurder Ayanda Dludla se lewe kan in gevaar wees indien hy borgtog kry, weens voortgesette openbare woede oor die ongeluk waarin 14 leerders vroeër vanjaar in Vanderbijlpark dood is. Die staat het aan die Vanderbijlpark-landdroshof gesê Dludla se vrylating sal nie in belang van geregtigheid wees nie. Dludla staan tereg […]
# Eskom sê hy kon ten volle in die elektrisiteitsvraag gedurende die 2026-winter voorsien, met Suid-Afrika wat nou reeds 476 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag is. Die nutsmaatskappy se energiebeskikbaarheidsfaktor het op ‘n jaargrondslag tot 67,79-persent gestyg, die hoogste sedert 2020, terwyl onbeplande onderbrekings tot 19,47-persent gedaal het. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê dieseluitgawes het met 4,84-miljard-rand […]
# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het uitspraak voorbehou in president Cyril Ramaphosa se aansoek om die Artikel 89-verslag deur die Onafhanklike Paneel oor die Phala Phala-skandaal tersyde te stel. Die driedag-verhoor is deur regterpresident Nolwazi Mabindla-Boqwana gelei en moes bepaal of die Konstitusionele Hof binne sy mandaat was met sy bevindinge oor die verslag. Ramaphosa se […]
# ‘n Russiese hommeltuig het gister die hoofkwartier van Oekraïne se SBU-veligheidsdiens in Kiëf getref, een van die mees prominente teikens sedert Rusland sy lugaanvalle op Oekraïne verskerp het. Minstens 12 mense is in die aanval beseer. Dit kom te midde van twee Amerikaanse vredesonderhandelaars se beplande besoek môre aan Kiëf. President Volodymyr Zelensky het […]