# Die Stad Kaapstad sê sy mariene-eenheid het die afgelope jaar groot suksesse behaal, insluitend ‘n byna 500-persent toename in die herwinning van gestroopte mariene hulpbronne. Herwonne goedere het gestyg van ongeveer twee-duisend-500 tot bykans 15-duisend items. Wetstoepassers het ook 953 onwettige sjebiens gesluit. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê hierdie resultate […]
# Die Italiaanse polisie het drie skilderye deur die Franse meesters Paul Cézanne, Pierre-Auguste Renoir en Henri Matisse teruggevind, wat in Maart uit ‘n museum naby Parma gesteel is. Die kultuurerfeniseenheid van die Carabinieri het die kunswerke teruggevind na ‘n ingewikkelde ondersoek. Die kunswerke se gekombineerde waarde word op meer as 168-miljoen-rand geraam. Die polisie […]
# Die Vryheidsfront Plus sê Afrikaans moet nooit as vanselfsprekend aanvaar word nie en moet beskerm en bevorder word. Wynand Boshoff van die party sê die taal het ‘n ryk geskiedenis en bly ‘n belangrike deel van Suid-Afrika se kultuurerfenis. Boshoff het Afrikaanssprekendes aangemoedig om aan te hou om die taal te gebruik en te […]
# Die Wes-Kaapse regering is besig om steun vir Theewaterskloof Munisipaliteit te versterk, om bestuur, watersekerheid en basiese dienste te verbeter. Meer as 31-miljoen-rand is in die 2025/2026 finansiële jaar toegeken vir infrastruktuurprojekte, waarvan 96-persent reeds bestee is. Bykomende befondsing word ook voorsien vir water-, afvalbestuur- en elektrisiteitprojekte. Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en […]
# Die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie moet skade van nagenoeg 400-duisend-rand herstel ná onlangse studente-onrus op sy kampusse. Die onrus het skade aan universiteitseiendom en geriewe veroorsaak, wat verdere finansiële druk op die instelling plaas. Die ontwrigting het kampusbedrywighede geraak en owerhede moes spook om die orde te herstel en die omvang van die […]
# Sokker: Druk neem verder toe op FIFA-president Gianni Infantino nadat Nieu-Seeland die jongste land geword het wat steun vir sy herverkiesing volgende jaar onttrek het. Verskeie lande het reeds besluit om die Italianer nie vir ‘n vierde termyn te steun nie, terwyl die beheerliggame van Europa, Asië en die Amerikas ‘n hersiening van sy […]
# Die Drankfederasie van Suid-Afrika sê onwettige alkohol verteenwoordig sowat 18-persent van alle alkohol wat in Suid-Afrika verkoop word, met die onwettige mark wat meer as 25-miljard-rand werd is. ‘n Studie deur Euromonitor toon die onwettige alkoholmark het sedert 2017 met 55-persent gegroei en die regering het in 2024 bykans 17-miljard-rand aan aksynsinkomste verloor. Die […]
# Die Vryheidsfront Plus sê Afrikaanse onderwys en privaat befondsde instellings moet nie as ‘n vorm van onderdrukking beskou word nie. Die party het reageer op kommentaar deur die voormalige minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Naledi Pandor, oor die Afrikaanse Universiteit, Akademia. Wynand Boshoff van die VF Plus sê privaat befondsde Afrikaanse onderwys is […]
# Die GOOD-party sê die Madlanga-kommissie moet ‘n permanente nasionale polisie-integriteitstribunaal word om korrupsie en beweerde verbintenisse tussen wetstoepassing en georganiseerde misdaad te ondersoek. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die kommissie het die waarde van oop ondersoeke bewys. Hy glo soortgelyke ondersoeke is nodig in Kaapstad, waar gemeenskappe lank reeds bekommerd is oor […]