# Die parlementêre leier van die MK-party, John Hlophe, sê die party wil hê die voorsitter van die Artikel 89-ampsklagkomitee, Makashule Gana, moet homself onttrek omdat sy party, Rise Mzansi, deel is van die Regering van Nasionale Eenheid. Hlophe het in ‘n onderhoud met die SABC gesê daar is kommer oor Gana se onafhanklikheid in […]
# Johannesburg se Noodbestuursdienste vra inwoners om waaksaam te bly te midde van donderstorms, swaar reën, sterk wind en hael wat oor dele van die stad verwag word. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n Vlak Twee-waarskuwing uitgereik vir erge donderstorms wat die hele naweek sal voortduur. Nooddienste-woordvoerder Kagiso Phasha maan motoriste om stadiger te ry, veilige […]
# Rugby: Bok-kaptein Siya Kolisi sê die span beskou vandag se derde toets teen die All Blacks as die beslissende wedstryd van die reeks, wetende dat as hulle verloor, is nie net nie die reeks daarmee heen nie, maar hulle sou dan ook twee uit drie keer tuis verloor het. Kolisi sê hulle wil nie […]
# Die busmaatskappy, Putco sê sy bedryfsuitgawes het van 25- tot 35-persent gestyg na Woensdag se brandstofprysverhoging. Die maatskappy waarsku pendelaars kan in die komende maande nog ‘n tariefverhoging ervaar, veral as gevolg van hoër dieselkoste. Putco het tariewe in Junie met tien-persent verhoog. Die woordvoerder, Lindokuhle Xulu sê brandstofbesteding het van ongeveer 42-miljoen-rand tot […]
# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het die Palestine Solidarity Campaign en ander betogers verbied om bewerings te maak wat Cape Union Mart en sy uitvoerende voorsitter, Philip Krawitz, met volksmoord in Gaza verbind. Dit volg na ‘n regsgeding oor betogings en boikotveldtogte buite winkels. Die kleinhandelaar en Krawitz het aangevoer beskuldigings dat hulle volksmoord befonds en […]
# Die plastiekherwinningsorganisasie Polyco het sy Packa-Ching-herwinningsnetwerk in KwaZulu-Natal uitgebrei met ‘n nuwe mobiele herwinningseenheid wat in KwaMashu bekendgestel is. Die eenheid, wat deur die Itheku herwinningsgroep bedryf word, sal gemeenskappe groter toegang tot betaalde herwinningsgeleenthede bied terwyl dit plaaslike afvalherwinners en werkskepping ondersteun. Polyco se Lisl Doherty sê die Packa-Ching-netwerk het tot 63 eenhede […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners wa kwalifiseer om bloed te skenk met nasionale voorrade wat onder druk verkeer. Die Bloeddiens sê hulle moet drie-duisend-500 eenhede per dag insamel om ‘n vyf-dae-voorraad te handhaaf, maar huidige skenkings skiet tekort. Die diens vra gereelde, eerstekeer- en vervalde skenkers, veral dié in die […]
# Erge weer veroorsaak wydverspreide skade in die Wes-, Oos- en Suid-Kaap, met kraglyne wat omgewaai het en beskadigde waterpype in verskeie gebiede. Sterk wind en swaar reën het noodsaaklike dienste ontwrig, met sommige gemeenskappe, onder meer die dorpie Prins Albert, wat sonder elektrisiteit en water is. Noodspanne werk tans aan die beskadigde infrastruktuur. Inwoners […]