# Die uitvoerende burgemeester van Tshwane, Nasiphi Moya, ontken bewerings dat ‘n onderneming wat sake met die stad doen, opknappingswerk by haar privaat woning gedoen het. Haar woordvoerder, Samkelo Mgobozi, sê Tlopo Construction het nie haar swembad gebou of enige ander werk op haar eiendom gedoen nie en die bewerings is vals. Hy sê Moya […]
# Die MK-party het die uitspraak deur die Pretoriase Hooggeregshof verwelkom om die aanstelling van die administrateur van die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema, Hlengani Mathebula, op te skort en die ontbinde NSFAS-raad weer aan te stel. Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, het die raad ontbind en die entiteit in Mei vanjaar […]
# Rugby: Die Boland Kavaliers het ‘n dramatiese ommekeer in die Curriebeker gemaak deur ‘n agterstand van 17-0 te oorkom en die Leeus met 38-29 op die Wits-stadion te klop. Die Leeus het vroeg voorgeloop nadat Boland met 14 spelers moes klaarkom, maar die besoekers het sterk teruggeveg. Mthokozisi Gumede het twee drieë gedruk, terwyl […]
# Die Nasionale Onderwys-, Gesondheids- en Geallieerde Werkersunie sê die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente strompel steeds van een krisis na die volgende en dit benadeel die instelling en die breër sektor vir naskoolse onderwys en opleiding. NEHAWU se woordvoerder, Lwazi Nkolonzi, het reageer op ‘n uitspraak deur die Pretoriase Hooggeregshof oor ‘n aansoek deur […]
# Die adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, sê geslagsgeweld kan nie net deur die Departement van Justisie beëindig word nie – dit is alle Suid-Afrikaners se verantwoordelikheid om te help. Nel het gepraat op die afsluitingsgeleentheid van die 2026 Toegang tot Geregtigheidsweek in Thulamahashe in Mpumalanga. Hy sê geweld teen vroue is […]
# Iran weier om sy standpunt oor die Seestraat van Hormoes te verander en spanning met Amerika bly hoog. Die adjunkminister van Buitelandse Sake in Iran het gesê die strategiese waterweg sal slegs op Teheran se voorwaardes heropen en het Washington aangeraai om wat hy ‘n nederlaag noem te aanvaar. Die Amerikaanse president, Donald Trump, […]
# Die verdedigende kampioene, die Griekwas, het hul posisie boaan die Curriebekerpunteleer verder verstewig met ‘n oortuigende 55-21 oorwinning oor die Haaie in Kimberley. Die Haaie het laat in die eerste helfte voorgeloop met 21-19, maar ná rustyd het die Griquas die wedstryd oorheers en vyf agtereenvolgende drieë gedruk. Dylan Maart en die plaasvervanger-haker Tiaan […]
# Die Stad Kaapstad sê sy mariene-eenheid het die afgelope jaar groot suksesse behaal, insluitend ‘n byna 500-persent toename in die herwinning van gestroopte mariene hulpbronne. Herwonne goedere het gestyg van ongeveer twee-duisend-500 tot bykans 15-duisend items. Wetstoepassers het ook 953 onwettige sjebiens gesluit. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê hierdie resultate […]