# ActionSA verwerp die Departement van Gesondheid se poging om die belangrikheid van die Konstitusionele Hof se baanbrekersuitspraak oor die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering te onderspeel. Artikels 36 tot 40 is ongrondwetlik verklaar. Woordvoerder Kgosi Letlape sê die departement beweer die uitspraak hou nie verband met die Nasionale Gesondheidsversekering nie. Hy sê die departement het […]
# Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, sê die land ondervind ‘n volskaalse misdaadkrisis. Oor die afgelope dekade is meer as 21-miljoen misdaadsake by die polisie aanhangig gemaak, waarvan 61,7-persent gesluit is sonder om opgelos te word. Maimane sê dit beteken dat 13,2-miljoen slagoffers nooit geregtigheid gesien het nie. Hy het ook […]
# Rugby: Engeland se afrigter, Steve Borthwick, het sy besluit verdedig om die Suid-Afrikaans-gebore senter Benhard Janse van Rensburg na sy oefenkamp vir die Nasiesbeker-kampioenskap te nooi. Die 29-jarige voormalige SA-20-speler voltooi op 8 Julie sy vyfjaar-tydperk om hom verkiesbaar te maak. Die Rugby-unie het Wêreldrugby oorreed om die datum van November af te vervroeg. […]
# Die Stad Kaapstad sê die Scottsdene-watersuiweringsaanleg se nuwe pompstasie sal die stad se pogings om water te spaar ʼn hupstoot van ses-miljoen-liter per dag gee. Die aanleg het in 2010 en 2020 gebaat by opgraderings om in ʼn groeiende bevolking se behoeftes te voorsien. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die aanleg […]
# Rand Water en Eskom se beplande jaarlikse instandhoudingswerk aan infrastruktuur in Tshwane vind van 29 Mei tot 17 Julie plaas. Rand Water se onderhoud aan die Palmiet-, die Zuikerbosch- en die Mapleton-stelsel sal bydra om netwerk-betroubaarheid en voor die winter te verbeter. Woordvoerder Lindela Mashigo sê Eskom se beplande noodsaaklike instandhoudingswerk sal bedryfs-buigsaamheid bevorder […]
# Sokker: Amerika en FIFA werk daaraan om seker te maak die Demokratiese Republiek die Kongo se span mag Amerika binnegaan vir die Wêreldbekertoernooi. Die land het weens die Ebola-uitbreking ʼn verbod ingestel op alle buitelandse burgers wat die DRK, Uganda of Suid-Soedan die voorafgaande 21 dae besoek het. Die DRK het reeds ʼn beplande […]
# Die MK-party se eerste adjunkpresident en parlementêre leier, John Hlophe, is een van drie partylede wat op die Parlement se ampsklagkomitee van 31 lede aangewys is. Die ander twee is die hoofsweep, Mmabatho Mokoena-Zondi, en Khanyisile Litchfield-Tshabalala. Die komitee moet bepaal of president Cyril Ramaphosa sy ampseed verbreek het met die beweerde verswyging van […]