# Suid-Afrika het die invoertariewe op ‘n wye reeks staalprodukte met tussen tien- en 30-persent verhoog om die plaaslike bedryf te beskerm. Die maatreëls, wat in die Staatskoerant gepubliseer is, is van toepassing op lande sonder handelsooreenkomste met Suid-Afrika. Die Internasionale Handelsadministrasiekommissie sê dit het ten doel om plaaslike vervaardiging en nywerheidsgroei te ondersteun, maar […]
# PUTCO gaan vanaf 1 Junie ‘n gemiddelde brandstofverwante tariefverhoging van tien-persent instel weens hoë dieselpryse van sowat 32-rand per liter. Die busmaatskappy se woordvoerder, Lindokuhle Xulu, sê stygende geopolitieke spanning het wêreldwye brandstofkoste opgejaag en plaas druk op bedrywighede. Interne ramings het aangedui ‘n verhoging van 35-persent was nodig, maar PUTCO kies ‘n laer […]
# Die DA in Johannesburg beskuldig burgemeester Dada Morero dat hy nie optree teen beweerde wangedrag binne sy uitvoerende gesag nie. Daar was onlangs oproepe vir die verwydering van die burgemeesterskomiteelid vir Ontwikkelings-beplanning, Thapelo Amad, ná strafregtelike sake teen hom. Die DA-lid, Belinda Kayser-Echeozonjok, sê daar word ook beweer ‘n ander burgemeesterskomiteelid is in hegtenis […]
# Die Russiese president, Vladimir Putin, sê betrekkinge tussen Moskou en Beijing het ‘n ongekende hoë vlak bereik, met handelsomset wat die afgelope 25-jaar meer as 30-maal toegeneem het. Hy het vandag in Beijing vergader met sy Chinese ampsgenoot, Xi Jinping, waar hulle meer as 20 handels- en tegnologie-ooreenkomste onderteken het, sowel as ‘n verklaring […]
# Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, vra die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, om moontlike kragonderbrekings in die stad te voorkom weens sy groeiende skuld aan Eskom. Morero waarsku pligsgetroue belastingbetalers kan geraak word as kragvoorsiening onderbreek word weens die toenemende kommer oor munisipale skuld van sowat 5,2-miljard-rand. Hy vra dringende ingryping om […]
# Nehawu sê die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering is nog ‘n terugslag vir die stryd om voldoende en toeganklike gesondheidsorg. Artikels 36 tot 40, wat die staat beheer gegee het oor waar gesondheidspraktisyns mag werk, is ongrondwetlik verklaar. Lwazi Nkolonzi van die vakbond sê die uitspraak versterk die koalisie […]