# Eskom sê Suid-Afrika beweeg geleidelik nader aan die somer, maar die kragvoorsiener voldoen steeds aan die vraag tydens winterspitstye en handhaaf volgehoue energiesekerheid regoor die land. Eskom dit is te danke aan sy fokus op bedryfs- en finansiële volhoubaarheid namate sy omkeerplan vorder. Die woordvoerder, Daphne Mokwena, sê dié prestasies weerspieël Eskom se progressiewe […]
# Die EFF sê die bekendmaking dat eksterne vennote 445,57-miljoen-rand aan presidensiële projekte verskaf het, bevestig president Cyril Ramaphosa se administrasie stel toenemend staatsinstellings oop aan privaat en buitelandse belange. Die party sê hy verwerp wat hy noem die privatisering van staatsondernemings, die verwestering van die ekonomie en die imperialistiese invloed op Suid-Afrika se ekonomiese […]
# Rugby: Australië het Japan in Townsville met 56-17 verpletter nadat die Wallabies die tweede helfte oorheers en 35 agtereenvolgende punte aangeteken het. Die Wallabies was teen rustyd voor met 21-17, maar het ná rustyd nog vyf drieë gedruk. Die stut Taniela Tupou het twee drieë gedruk, met Josh Nasser, Angus Bell, die nuweling Massimo […]
# Japan se minister van Verdediging, Shinjiro Koizumi, het die omstrede Yasukuni-heiligdom besoek ter herdenking van Japan se oorgawe in die Tweede Wêreldoorlog. Die heiligdom bring hulde aan sowat 2,5-miljoen Japannese wat in die oorlog dood is, insluitend 14 leiers wat skuldig bevind is aan ernstige oorlogsmisdade. China en Suid-Korea sê hierdie besoeke verbloem Japan […]
# Die Forum for South Africa sê werkloosheid is ‘n maatskaplike krisis wat bydra tot armoede, misdaad, ongelykheid, dwelmmisbruik en wanhoop onder miljoene Suid-Afrikaners. Statistiek Suid-Afrika sê die amptelike werkloosheidsyfer het gestyg van 32,7-persent in die eerste kwartaal hierdie jaar tot 33,6-persent in die tweede kwartaal. Die forum se leier, Tebogo Mashilompane, vra al drie […]
# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê Suid-Afrika se strewe na volhoubare, inklusiewe en veerkragtige menslike nedersettings het ‘n reusehupstoot gekry met die bekendstelling van ‘n toegewyde UN-Habitat Suid-Afrika-landkantoor. Simelane en UN-Habitat se direkteur, Anacláudia Rossbach, het die kantoor amptelik in Pretoria geopen, wat ‘n nuwe hoofstuk inlui in die langdurige vennootskap tussen […]
# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, oorweeg die uitspraak van die Pretoriase Hooggeregshof dringend en het regsadvies ingewin oor die uitwerking daarvan, die beskikbare regsmiddels en die toepaslike stappe wat gedoen moet word. Die departement se woordvoerder, Matshepo Seedat, sê dit volg nadat die Hooggeregshof gelas het die administrateur van die […]
# Die Suid-Koreaanse president, Lee Jae Myung, sê gesprekke moet gevoer word met Noord-Korea om die Koreaanse Oorlog amptelik te beëindig en maniere te bespreek om die Noorde se kernprogram te stop. Lee het ter viering van die 81ste Bevrydingsdag gevra vir ‘n einde aan die vyandigheid en ‘n permanente vredesregime. Die twee Koreas is […]