# Die DA se burgemeesterskandidaat vir Emfuleni, Kingsol Chabalala, sê inwoners het te lank gely onder mislukte munisipale dienste. Chabalala sê die munisipaliteit beleef steeds langdurige kragonderbrekings, wateronderbrekings, slaggate in paaie en onwettige storting. Hy het belowe om Emfuleni vir alle inwoners te laat werk, met sy veldtog wat fokus op die herstel van basiese […]
# Die polisie in die Noord-Kaap sê seksuele oortredings het tussen April en Junie met 32,5-persent toegeneem, terwyl verkragtingsake wat met 43,4-persent gestyg het. Provinsiale polisiekommissaris Koliswa Otola sê baie slagoffers ken hul beweerde oortreders, by sommige verkragtingsake is kinders van dieselfde ouderdom betrokke, terwyl ander ouer oortreders betrek. Sy doen ‘n beroep op gemeenskappe […]
# Amerikaanse onderhandelaars Steve Witkoff en Jared Kushner besoek Rusland en Oekraïne dié naweek in ‘n klaarblyklike poging die einde van die oorlog te versnel. President Volodymyr Zelensky van Oekraïne het bevestig dat hy môre die gesante sal ontmoet, nadat hulle vandag Moskou besoek om gesprekke met die Russiese president Vladimir Putin te voer. Witkoff […]
# Transnet sê die herstel van die Kaapse Hooflyn-spoorverbinding is voltooi na stormskade in Mei. Swaar reënval, sterk wind en oorstromings op 11 en 12 Mei het tot omvattende skade gelei met dele van die lyn wat vir meer as twee maande gesluit was. Die vragkorridor verbind Kaapstad met Suid-Afrika se binnelandse spoorwegnetwerk, vir die […]
# Die Hooggeregshof in Johannesburg het uitspraak voorbehou in die moordverhoor van Bafana Mahungela, wat daarvan beskuldig word dat hy die Sandton-onderwyseres Kirsten Kluyts vermoor het. Kluyts is in Oktober 2023 vermoor terwyl sy aan ‘n atletiekbyeenkoms deelgeneem het. Die staat beweer sy is met ‘n stomp voorwerp aangeval en verwurg. Mahungela staan tereg op […]
# Tennis: Die verdedigende enkelspelkampioene Carlos Alcaraz en Aryna Sabalenka is gister gemaklik deur na die laaste 16 van die Amerikaanse Ope, terwyl tennis-ikone Serena en Venus Williams ‘n nederlaag gely het in hul langverwagte terugkeer na Grand Slam-dubbelspel. Alcaraz het Wu Yibing van China in drie stelle geklop om sy plek in die vierde […]
# Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het die MK-party se oproep verwerp om die RISE Mzansi-parlementslid, Makashule Gana, as voorsitter van die Parlement se Artikel 89-ampsklagkomitee te verwyder. Die MK se parlementêre leier, John Hlophe, voer aan Gana is nie onpartydig nie, omdat sy party deel is van die Regering van Nasionale […]
# Gholf: Christiaan Bezuidenhout is die enigste Suid-Afrikaner wat later die maand gaan deelneem aan die Presidentsbeker in Illinois, Amerika. Die toernooi word beslis tussen die Internasionale Span en Amerika op die Medinah-baan vanaf die 22ste. Internasionaal word aangevoer deur die Australiër Geoff Ogilvy en sluit spelers in soos Ryan Fox van Nieu-Seeland, Tom Kim […]