# Solidariteit verwelkom die Amerikaanse Senaat se goedkeuring van ‘n twee-jaar verlenging van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, tot einde Desember 2028. Solidariteit se woordvoerder, Jaco Kleynhans, sê dit moet nog deur die Huis van Verteenwoordigers goedgekeur en daarna deur die Amerikaanse president onderteken word, maar geen onmiddellike struikelblokke word voorsien nie. […]
# Die Nasionale Dobbelraad vra die regering om dringend aandag te skenk aan die krisis van jongmense wat steeds uitermate swaar deur ekonomiese uitsluiting getref word. Die raad se waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, moedig jong Suid-Afrikaners aan om nie sportweddenskappe en ander vorme van dobbelary as ‘n alternatief vir ‘n inkomste te beskou nie. […]
# Die Forum for South Africa eis die onmiddellike heraanstelling van die geskorste nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, hangende die afhandeling van alle regs- en tugprosesse. Die forum se leier, Tebogo Mashilompane, sê getuienis wat voor die Madlanga-kommissie gelewer is, het ernstige vrae laat ontstaan oor die optrede en motiewe van sekere individue. Hy sê die […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap gevra om die stryd teen honger te versterk. Die minister het in sy afsluitingsrede tydens die vergadering van die SAOG-ministersraad in Durban, KwaZulu-Natal, die vordering geloof wat Tanzanië, Zambië, Zimbabwe en Namibië gemaak het in hul pogings om honger te bekamp. […]
# Minstens 20 mense is dood en verskeie beseer in ‘n kragtige aardbewing van 7,7 in die ooste van Indonesië. Die aardbewing het talle naskokke en klein tsoenami-golwe veroorsaak. ‘n Tydelike tsoenamiwaarskuwing is later opgehef. Reddingswerkers het 20 liggame in Maumere op Flores-eiland gevind, terwyl twee mense steeds onder puin vasgekeer is . Ongeveer twee-duisend […]
# Eskom sê Suid-Afrika beweeg geleidelik nader aan die somer, maar die kragvoorsiener voldoen steeds aan die vraag tydens winterspitstye en handhaaf volgehoue energiesekerheid regoor die land. Eskom dit is te danke aan sy fokus op bedryfs- en finansiële volhoubaarheid namate sy omkeerplan vorder. Die woordvoerder, Daphne Mokwena, sê dié prestasies weerspieël Eskom se progressiewe […]
# Die EFF sê die bekendmaking dat eksterne vennote 445,57-miljoen-rand aan presidensiële projekte verskaf het, bevestig president Cyril Ramaphosa se administrasie stel toenemend staatsinstellings oop aan privaat en buitelandse belange. Die party sê hy verwerp wat hy noem die privatisering van staatsondernemings, die verwestering van die ekonomie en die imperialistiese invloed op Suid-Afrika se ekonomiese […]
# Rugby: Australië het Japan in Townsville met 56-17 verpletter nadat die Wallabies die tweede helfte oorheers en 35 agtereenvolgende punte aangeteken het. Die Wallabies was teen rustyd voor met 21-17, maar het ná rustyd nog vyf drieë gedruk. Die stut Taniela Tupou het twee drieë gedruk, met Josh Nasser, Angus Bell, die nuweling Massimo […]