# Die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong Un, en die Russiese president, Vladimir Putin, het hul noue bande herbevestig in boodskappe ter viering van Korea se Bevrydingsdag. Die twee leiers het boodskappe uitgeruil op die 81ste herdenking van Korea se bevryding van Japanse koloniale bewind in 1945. Hul jongste kontak volg terwyl Noord-Korea en Rusland politieke […]
# Rugby: Die All Blacks het ‘n massiewe oorwinning van 50-19 oor die Bulle in Pretoria behaal en hul onoorwonne Suid-Afrikaanse toer voortgesit. Nieu-Seeland het ‘n oorheersende vertoning gelewer en agt drieë gedtruk teen ‘n Bul-span wat gesukkel het om die mas op te kom. Die oorwinning versterk die All Blacks se momentum voor hul […]
Rugby: Die Pumas het hul veldtog om die Curriebeker-titel versterk met ‘n oortuigende oorwinning van 29-7 oor die Stormers-23 in Mbombela. Die Pumas het met rustyd met 15-0 voorgeloop en die tweede helfte oorheers ten spyte van ‘n kort terugkeer deur die Stormers. Nevaldo Fleurs het sy merk gemaak, akkuraat geskop en gehelp om drieë […]
# Gholf: Austin Bautista van Australië het die FNB Eswatini-uitdaagtoernooi by die Ezulweni Gholf- en Buiteklub met twee houe gewen. Bautista het ‘n laaste rondte van 67 aangeteken en op 17 onder baansyfer geëindig om sy tweede Sonskyntoer-titel te verseker. Hy het die laaste rondte twee houe agter die voorloper begin, maar na ses voëltjies […]
# Tennis: Wêreld-nommer-een Jannik Sinner het skokgolfterapie op sy regterknie voltooi terwyl hy voorberei vir ‘n terugkeer na tennis. Die vyfmalige Grand Slam-kampioen het nog nie weer gespeel sedert hy op 12 Julie sy Wimbledon-titel suksesvol teen Alexander Zverev verdedig het nie. Sinner het daarna die Kanadese Ope misgeloop en hom aan die Cincinnati Ope […]
# Tennis: Novak Djokovic is vroeg uitgeskakel by die Cincinnati Meesters toe hy in drie stelle teen Thiago Tirante van Argentinië verloor het. Die 24-malige Grand Slam-kampioen het die eerste stel 6-2 gewen, maar het gesukkel met die hitte en humiditeit, terwyl Tirante teruggeveg het om die volgende twee stelle 6-4, 6-4 in te palm. […]
# Rugby: Die Springbokke het begin met hul voorbereidings vir die vier toetse in die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks teen Nieu-Seeland. Afrigter Rassie Erasmus sê die groep het goed herstel na verlede week se 17-10 oorwinning oor Argentinië. Die span het Maandag en Dinsdag na Suid-Afrika teruggekeer en het ‘n groot deel van die week gerus […]
# Rugby: Nieu-Seeland se afrigter, Scott Robertson, staar vrae oor spankeuses in die gesig voor die eerste toets teen Suid-Afrika. Daar is twyfel oor Damian McKenzie se fiksheid. Robertson sal na verwagting ook Richie Mo’unga se terugkeer versigtig bestuur. Mo’unga is as beseringsvervanging ingebring en is gretig om sy merk te maak, maar die afrigtingspan […]
# Solidariteit verwelkom die Amerikaanse Senaat se goedkeuring van ‘n twee-jaar verlenging van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, tot einde Desember 2028. Solidariteit se woordvoerder, Jaco Kleynhans, sê dit moet nog deur die Huis van Verteenwoordigers goedgekeur en daarna deur die Amerikaanse president onderteken word, maar geen onmiddellike struikelblokke word voorsien nie. […]