Rugby: Die Springbokke het gisteraand ‘n 2-1 voorsprong in die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks geneem toe hulle die All Blacks met 29-24 in ‘n volgepakte FNB-stadion geklop het. Met die rustydtelling op 12-elk het die All Blacks in die 57ste minuut met 17-12 die voortou geneem. Maar ‘n drie deur Jesse Kriel het die wedstryd terug in die Bokke se guns geswaai, en ‘n kragtige dryfbeweging het gelei tot ‘n drie deur Malcolm Marx om die tuisspan terug in die wedstryd te plaas. Die vierde en laaste toets word volgende Saterdag in Baltimore, VSA, beslis.
Rugby: Springbokke wen spannende 3de toets teen All Blacks om die reeks met 2-1 te lei