# Die Vryheidsfront Plus doen ‘n beroep op die Wes-Kaapse LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, om dringend die Hooggeregshof met ‘n aansoek te nader. Dit is om die Knysna munisipale raad se onwettige besluit om Manqoba Ngubo se aanstelling as waarnemende Munisipale Bestuurder met ‘n verdere drie maande te verleng, te […]
# Gautrein neem alle verslae oor passasiersveiligheid ernstig op en bly daartoe verbind om ‘n veilige omgewing regoor die netwerk te bied. Dit volg nadat ‘n passasier op sosiale media erken het dat ‘n aangemelde rooftog nie op die Gautrein-netwerk plaasgevind het nie. CCTV-beeldmateriaal het geen bewyse van ‘n rooftog getoon nie. Gautrain-woordvoerder, Aibi Modise, […]
# Eskom sê hy handhaaf steeds bykomende kapasiteit op die kragnetwerk, met drie-duisend-363 megawatt in reserwe weens ‘n oormaat opwekkingskapasiteit, wat verder verseker dat die kragstelsel aan die vraag kan voldoen. Die woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die gemiddelde vlak van onbeplande onderbrekings het verlede week tot ses-duisend-653-megawatt afgeneem, vergeleke met elf-duisend-982-megawatt in die ooreenstemmende tydperk […]
# Die African Unite Borders Bus Trucks Association doen ‘n beroep op Afrika-leiers om in te gryp na die Karibameer-veerboottragedie in Zimbabwe. Vier-en-veertig mense is dood toe ‘n oorlaaide veerboot Dinsdag naby Long Island omgeslaan het, met baie mense wat steeds vermis word. Die voorsitter van die vereniging, Mukhwathi Phumudzo, sê dit was ‘n ou […]
# Reddingspanne soek na oorlewendes nadat ‘n kragtige aardbewing van 7,7 Indonesië se eiland Flores getref het, met minstens 51 mense dood. Die aardbewing het vroeg gisteroggend voorgekom en is gevolg deur tientalle naskokke. Honderde geboue is erg beskadig, met Manggarai wat die ergste deurgeloop het. Indonesië se rampagentskap sê hulp word na rampgeteisterde gemeenskappe […]
# Sokker: Marokko is gister tydens die Afrikabeker vir Vroue verder teleurgestel toe hulle na ‘n gelykop-uitslag met strafdoele 3-2 teen Algerië verloor het in die uitspeelwedstryd om die derde plek in Rabat. Kautar Azraf het Marokko laat voorloop voordat Lina Boussaha in die 83ste minuut vir Algerië gelyk gemaak het. Marokko het toe drie […]
# Die DA het die uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria verwelkom waarvolgens sleutelaspekte van OKOSA se verkiesingsuitsaairegulasies ongrondwetlik en onwettig verklaar is. Ashor Sarupen van die DA sê die Hof het verligting toegestaan deur ‘n dringende meganisme te skep vir geskille oor politieke advertensies en partyverkiesingsuitsendings wat afgekeur is. Hy sê daar is ook […]
# Die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong Un, en die Russiese president, Vladimir Putin, het hul noue bande herbevestig in boodskappe ter viering van Korea se Bevrydingsdag. Die twee leiers het boodskappe uitgeruil op die 81ste herdenking van Korea se bevryding van Japanse koloniale bewind in 1945. Hul jongste kontak volg terwyl Noord-Korea en Rusland politieke […]
# Rugby: Die All Blacks het ‘n massiewe oorwinning van 50-19 oor die Bulle in Pretoria behaal en hul onoorwonne Suid-Afrikaanse toer voortgesit. Nieu-Seeland het ‘n oorheersende vertoning gelewer en agt drieë gedtruk teen ‘n Bul-span wat gesukkel het om die mas op te kom. Die oorwinning versterk die All Blacks se momentum voor hul […]