# Die ACDP doen ‘n beroep op die regering om die stryd teen bendegeweld in gemeenskappe regoor die land dringend eerste te stel. Palesa Yates van die party sê die onlangse sinnelose moorde in Reigerpark, Gauteng, op twee jong vroue en twee polisiebeamptes is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Sy voer aan dat gewone polisie-ontplooiings nie […]
# Marokkaanse owerhede het meer as 100 migrante aangehou wat probeer het om Spanje se Noord-Afrika-staatsgebied, Ceuta, te bereik. Veiligheidsbronne sê 111 mense is by Fnideq, naby die grens, aangehou, waarvan die meeste uit Afrika suid van die Sahara kom. Polisie en beamptes met onluste-toerusting, het traangas gebruik om groepe wat op nabygeleë heuwels bymekaar […]
# COSATU in Gauteng ondersteun die Onderwysdepartement se besluit om veiligheidspersoneel te ontplooi na 245 skole wat as hoërisiko bestempel word. Cosatu se voorsitter, Amos Monyela, sê egter die sukses van hierdie projek sal afhang van doeltreffende implementering, voldoende hulpbronne, betekenisvolle toesig en die voortgesette samewerking tussen skoolbeheerliggame, ouers, opvoeders, leerders en gemeenskappe. Hy sê […]
# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê die regering beplan ‘n beleidsverklaring om prioriteitstoegang tot gesubsidieerde behuising uit te brei vir oorlewendes van geslagsgeweld en vrouemoord. Simelane het gepraat by die Ministriële Leierskapbetrokkenheid-vergadering vir Vroue van Menslike Nedersettings by Vryheidspark in Pretoria. Sy sê die aanbeveling sal geslagsgeweld-voorkoming integreer in stedelike behuisingsbeplanning, maatskaplik-ekonomiese […]
# Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, doen ‘n beroep op die raad van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente om nie die goeie werk wat deur die administrateur, Hlengani Mathebulain, gedoen is, ongeldig te maak in ‘n poging om die uitdagings wat die skema in die gesig staar, op te los nie. Die Hooggeregshof in Pretoria […]
# Die Gautengse Departement van Paaie en Vervoer het 211 geldige bedryfslisensies oorhandig aan operateurs wat aan die vereistes voldoen as deel van sy spesiale lisensie-oorhandigingsgeleenthede. Die woordvoerder, Lesiba Mpya, sê die geleenthede het operateurs die kans gegun om hul goedgekeurde bedryfslisensies voor die sperdatum af te haal. Hy sê die 108 lisensies wat nie […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Kleinsake-ontwikkeling verwelkom die streng interne beheer- en omsigtigheidsmaatreëls wat die Departement van Kleinsake-ontwikkeling en die Agentskap vir die Befondsing van Kleinsake-ontwikkeling ingestel het. Die maatreëls moet verseker die Spazawinkel-steunfonds bereik die beoogde begunstigdes naamlik kwalifiserende Suid-Afrikaanse burgers wat wettige spazawinkels bedryf. Die komitee se voorsitter, Masefako Dikgale, sê altesaam 930 […]