Nuus 09:00
BULLETIN 6 September 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Julius Malema onderneem om arm inwoners se munisipale skuld af te skryf
# ‘n Vulkaniese uitbarsting lei tot die sluiting van Jakarta se Soekarno-Hatta Internasionale Lughawe
# En rugby: Die Springbok-vroue word oorweldig deur Nieu-Seeland se Swart Varings
# Die EFF-leier, Julius Malema, het onderneem om munisipale skuld wat deur arm inwoners verskuldig is, af te skryf indien die party in Mbombela, Mpumalanga die beheer daar oorneem. Malema het tydens die EFF se Mpumalanga-manifesbekendstelling in eMalahleni, in aanloop tot die plaaslikeregeringsverkiesing op 4 November, gepraat. Hy het ANC-amptenare se leierskap gekritiseer. Hy sê die belofte vorm deel van ‘n breër veldtog om arm gemeenskappe eerste te stel en dienslewering te verbeter:
Die Afrika Mayibuye-beweging het intussen gister sy eerste herdenking gevier met die bekendstelling van sy manifes in Tembisa vir die 2026-plaaslikeregeringsverkiesing op 4 November. Mayibuye se president, Floyd Shivambu, het Gauteng se burgemeesterskandidate bekendgestel, insluitend Themba “Skeem-GP” Nzimande vir Ekurhuleni. Tshwane, Emfuleni, Sedibeng en Midvaal se kandidate is ook bekend, terwyl Johannesburg afsonderlik aangekondig sal word. Hy sê die party se veldtog fokus op werksgeleenthede en verbeterde dienslewering:
# Die Mededingingskommissie het aanbeveel dat die Mededingingstribunaal, met voorwaardes, die Emerging Markets Infrastructure Fund Two se voorgestelde verkryging van Mainstream Renewable Power South Africa goedkeur. EMIF Two ontwikkel en bedryf sonkragoplossings, terwyl Mainstream fokus op hernubare energieprojekte, insluitend sonkrag en wind. Die Kommissie sê die transaksie sal waarskynlik nie mededinging wesenlik verminder nie. EMIF Two sal egter binne ‘n bepaalde tydperk ‘n transaksie moet implementeer wat voorheen-benadeelde persone ‘n belang gee in een van Mainstream se Suid-Afrikaanse filiale.
# ‘n Kragtige uitbarsting van Indonesië se berg Anak Krakatau het noodgedwonge gelei tot die tydelike sluiting van Jakarta se Soekarno-Hatta Internasionale Lughawe en drie streeksentrums. Vlugte is vroeg vandag opgeskort nadat gevaarlike vulkaniese aswolke in belangrike vlugroetes ingedryf het. Meer as 209 vlugte is gekanselleer, wat meer as 22-duisend passasiers gestrand gelaat het. Belangrike internasionale roetes na Singapoer, Kuala Lumpur en Sydney word ernstig deur die kansellasies geraak. Owerhede het gesondheidswaarskuwings vir nabygeleë provinsies uitgereik en ‘n drie-kilometer lange maritieme uitsluitingsone rondom die vulkaan ingestel.
# Rugby: Die Springbok-vroue het met 52-20 teen Nieu-Seeland se Swart Varings verloor in ‘n geskiedkundige toets op die FNB-stadion in Johannesburg. Suid-Afrika het hard teruggeveg, maar Nieu-Seeland se spoed en kragtige aanvalle was deurslaggewend. Mede-hoofafrigter, Laurian Johannes-Haupt, sê die span het hulle geloofwaardigheid gevestig, veral in die skrum en voorryspel. Sy sê die Springbok-vroue kan moed skep uit hul vertoning terwyl hulle aanhou ontwikkel. Die wedstryd was die Swart Varings se eerste toets op Suid-Afrikaanse bodem.
# En ten slotte: Die 19de FNB Art Joburg sluit vandag af by die Sandton-konferensiesentrum, met meer as 100 kunstenaars, galerye en uitstallers oor agt saamgestelde afdelings wat verteenwoordig word. Hoogtepunte sluit in George Mahashe se interaktiewe camera obscura en die Botswana-gebore beeldhouer Kelebogile Marope, wat die 2026 FNB-kunsprys gewen het. Die uitstalling het ook “Women’s March to Freedom” aangebied, wat die rol van vroue in Suid-Afrika se bevrydingstryd uitbeeld. Daar was ook besprekings oor die land se artistieke erfenis en dele van die land se geskiedenis wat vergeet is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….