# Suid-Afrika vereer vandag 12 polisiebeamptes wat tussen April 2025 en Maart 2026 in die uitvoering van hul pligte dood is. Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het die jaarlikse SAPD-herdenkingsdag in Pretoria as ‘n plegtige geleentheid beskryf, wat hul moed en opoffering herdenk. Sy het aan die SABC gesê polisieveiligheidsmaatreëls het sterftes verminder, maar […]
# Die DA het onthul dat Ekurhuleni geen leefstyloudits op munisipale amptenare uitgevoer het nie, en sê dit sal onder ‘n DA-regering verander. Die burgemeesterskandidaat Khathutshelo Rasilingwane sê honderde oudits sal binne die eerste ses maande uitgevoer word, beginnende met senior amptenare en hoërisiko-posisies. Rasilingwane het ‘n fluitjieblaser-beskermingseenheid binne die eerste 100 dae belowe om […]
# Die DA het die aanstelling van advokaat Ntuthuzelo Vanara as waarnemende hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie met versigtigheid verwelkom. Glynnis Breytenbach van die DA sê Vanara moet hernude fokus, professionaliteit en dringendheid na die direktoraat bring. Sy waarsku egter dat die waarnemende rol tydelik moet bly en doen ‘n beroep op ‘n permanente […]
# Die Suid-Afrikaanse immunoloog, professor Clive Gray, is bekroon met die gesogte Koninklike Vereniging se Afrika-prys deur Brittanje se Koninklike Vereniging, die wêreld se oudste wetenskaplike akademie. Gray, ‘n professor aan die Universiteit Stellenbosch, is erken vir baanbrekersnavorsing oor die uitwerking van MIV op moeder- en kindergesondheid. Sy werk fokus op MIV-blootgestelde, onbesmette kinders en […]
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om teen die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, op te tree oor die voortgesette opskorting van ‘n nuwe handboekkatalogus vir die Grondslagfase. Vakbond-woordvoerder Nomusa Cembi sê ‘n ondersoek van die verkrygingsproses het geen oortredings gevind nie. Die vakbond beskuldig Gwarube van politieke […]
# ‘n Nuwe politieke beweging, die African Cultural Identity Movement, of ACIM, is amptelik in Botshabelo in die Vrystaat bekend- gestel. ACIM-woordvoerder, Thato Khoathela, sê die beweging is gestig om uitdagings van Afrika-gemeenskappe te hanteer, met ‘n fokus op die herstel van Afrika-identiteit en -kultuur. Hy sê ACIM wil hê Afrikane moet ‘n groter rol […]
# Build One South Africa se burgemeesterskandidaat vir Kaapstad, Roger Solomons, doen ‘n beroep dat inwoners as kliënte behandel word, nie net as kiesers nie. Solomons het tydens die party se amptelike bekendstelling van sy plaaslikeregeringsmanifes vir 2026 in Johannesburg gesê uitstekende dienslewering, diensgelykheid en bekwame, deursigtige leierskap bly ‘n prioriteit. Hy doen ‘n beroep […]
# Motorsport: Pierre Gasly het ‘n verrassende voorste wegspringplek behaal vir vandag se Italiaanse Formule Een Grand Prix by Monza. Die Alpine-jaer sal voor George Russell van Mercedes wegspring, met McLaren se Oscar Piastri derde. Charles Leclerc en Lewis Hamilton van Ferrari het vierde en vyfde gekwalifiseer, gevolg deur Max Verstappen, Kimi Antonelli, Franco Colapinto, […]