# Die Australiese staat Nieu-Suid-Wallis begin in November met ‘n groot wapenterugkoopprogram ná die dodelike Bondi Beach-skietery. Eerste minister Anthony Albanese sê die skema sal op 2 November begin, met mense wat in aanmerking kom vir tot eenduisend Australiese dollar vir elke geweer of handwapen wat ingehandig word. Die program vorm deel van strenger nasionale […]
# Build One South Africa het die DA se planne om die lewering van noodsaaklike munisipale dienste in die Stad Johannesburg te privatiseer, in geheel verwerp. BOSA-woordvoerder, Graham Charters, sê die DA se verkiesingsmanifes vir 2026 stel ‘n veel groter rol voor vir private maatskappye in die finansiering, instandhouding en bedryf van munisipale dienste soos […]
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê laboratoriumtoetse het bevestig dat genetiese materiaal van die sardynherpesvirus teenwoordig is in getoetste sardyne. Janet Coetzee van die departement sê die virus is gevind in dooie sardyne en op laer vlakke ook in sommige oënskynlik gesonde sardyne wat aan die Weskus versamel is. Sy sê […]
# Orkaan Lala het Hawaii getref met sterk winde en swaar reën, wat meer as 89-duisend huishoudings sonder krag gelaat het. Die Kategorie Een-storm het tot gevaarlike omstandighede gelei, met die Nasionale Orkaansentrum wat waarsku teen lewensgevaarlike oorstromings en modderstortings. Die goewerneur van Hawaii, Josh Green, sê sommige gebiede het meer as 33-sentimeter reën ontvang. […]
# Saftu het by die families, oorlewendes, en mynwerkers asook die hele werkersklas aangesluit om vandag die 14de herdenking van die Marikana-slagting te onthou. In Augustus 2012 het die polisie op stakende mynwerkers by Lonmin se platinummyn in Marikana, Noordwes, losgebrand en 34 werkers doodgeskiet. Die werkers het betoog vir ‘n lewensvatbare loon van 12-duisend-500 […]
# Die ACDP doen ‘n beroep op die regering om die stryd teen bendegeweld in gemeenskappe regoor die land dringend eerste te stel. Palesa Yates van die party sê die onlangse sinnelose moorde in Reigerpark, Gauteng, op twee jong vroue en twee polisiebeamptes is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Sy voer aan dat gewone polisie-ontplooiings nie […]
# Marokkaanse owerhede het meer as 100 migrante aangehou wat probeer het om Spanje se Noord-Afrika-staatsgebied, Ceuta, te bereik. Veiligheidsbronne sê 111 mense is by Fnideq, naby die grens, aangehou, waarvan die meeste uit Afrika suid van die Sahara kom. Polisie en beamptes met onluste-toerusting, het traangas gebruik om groepe wat op nabygeleë heuwels bymekaar […]