Skip to content

Rugby: Springbok-vroue oorweldig deur Swart Varings in geskiedkundige eerste toets in Johannesburg

# Rugby: Die Springbok-vroue het met 52-20 teen Nieu-Seeland se Swart Varings verloor in ‘n geskiedkundige toets op die FNB-stadion in Johannesburg. Suid-Afrika het hard teruggeveg, maar Nieu-Seeland se spoed en kragtige aanvalle was deurslaggewend. Mede-hoofafrigter, Laurian Johannes-Haupt, sê die span het hulle geloofwaardigheid gevestig, veral in die skrum en voorryspel. Sy sê die Springbok-vroue kan moed skep uit hul vertoning terwyl hulle aanhou ontwikkel. Die wedstryd was die Swart Varings se eerste toets op Suid-Afrikaanse bodem.