Nuus 18:00
BULLETIN 4 September 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Lewenskosteverslag beklemtoon die druk op huishoudings
# Duisende word verwag by die ZCC se Nuwejaars-toewydingskonferensie in Moria
# En, Frankryk stel 18,6-miljard-rand beskikbaar om boere te ondersteun
# Die Mededingingskommissie se jongste verslag oor lewenskoste toon huishoudelike begrotings is steeds onder groot druk, veral in lae-inkomste-gesinne. Die verslag toon elektrisiteitspryse het sedert Julie 2025 met 8,1-persent gestyg en watertariewe met 10,1-persent. Petrolpryse het gedurende die eerste helfte van die jaar met 26-persent gestyg, wat ‘n 13-persent verhoging in taxitariewe tot gevolg gehad het. Hoër brandstof- en vervoerkoste het stygings veroorsaak in pryse van basiese goedere, insluitend brood, mieliemeel, kookolie, hoender en ingemaakte vis.
Intussen maak Aanlyninkopies nou tien-persent uit van alle kleinhandelverkope in Suid-Afrika, met ‘n omset wat na verwagting vanjaar met 22,5-persent tot 159-miljard-rand sal groei. Die navorsingsmaatskappy, World Wide Worx sê meer verbruikers koop meer gereeld aanlyn, met gerief wat die groei dryf. Takealot bly die mees gebruikte platform, gevolg deur Shein en Checkers Sixty60. Die verslag beklemtoon ook toenemende belangstelling in intekendienste en alternatiewe betaalmetodes, terwyl kleinhandelaars fokus op gemakliker eindpuntbetalings en sterker kliënte-lojaliteit.
# Die Zion Christian Church se jaarlikse Nuwejaars-toewydingskonferensie is aan die gang by sy hoofkwartier in Moria, buite Polokwane in Limpopo. Die byeenkoms het gister begin en sal tot Woensdag duur, met duisende aanbidders wat na verwagting sal bywoon. Die kerk vier die begin van sy nuwe jaar in September. Die woordvoerder van die ZCC, Moatshe Ngoepe het besoekers gemaan om versigtig op die paaie te wees en waaksaam te bly teen misdaad:
# Frankryk het meer as 18,5-miljard-rand beskikbaar gestel aan boere wat dié somer deur rekordhittegolwe en droogte getref is. Die regering sê die hulppakket is om te vergoed vir verliese aan gewasse en vee en sal boere ondersteun om produksie te hervat. Sowat 9,7-miljard-rand sal dringend uitbetaal word vir weerskade en 4,4-miljard-rand om boere te help met saad en voer aankope. Verdere maatreëls sluit belastingverligting, bystand met maatskaplike sekerheidsbydraes en ‘n brandstofsubsidie in. Frankryk se grootste boere-unie skat die landbousektor se verliese weens uiterste weerstoestande op meer as 185-miljard-rand.
# Rugby: Die agtsteman en kaptein Harry Watson is terug in die Wallabies se opdrafspan vir môre se toets teen Argentinië in Mendoza. Allan Alaalatoa was kaptein toe Australië die Pumas verlede Saterdag in San Salvador 27-21 geklop het, maar kry ruskans. Hoofafrigter Les Kiss het agt veranderings aangebring as deel van die rotasiebeleid wat goed werk sedert hy by Joe Schmidt oorgeneem het. Australië het sy laaste vier wedstryde gewen – Schmidt se laaste een en Kiss se eerste drie – nadat hulle ses toetse na mekaar verloor het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-95-sent teen die dollar, 18-rand-53-sent teen die euro en 21-rand-55-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 79-duisend-277-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-427-dollar-23-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 96-dollar-24-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….