Skip to content

Hugenote-tonnel gesluit weens sterk wind

# Die Hugenote-tonnel op die N1 tussen die Paarl en Worcester in die Wes-Kaap is tydelik gesluit vir alle voertuie weens sterk dwarswinde op die akwaduk onderweg na die tonnel. Die Drakenstein-munisipaliteit sê alle verkeer word herlei na die R101 en Du Toitskloofpas. Die sluiting sal van krag bly tot weerstoestande verbeter. Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te beplan en versigtig te bestuur.