Skip to content

Deurbraakooreenkoms met Egipte vir Suid-Afrika se rooivleisbedryf

# Die minister van Landbou, Willie Aucamp, het ‘n deurbraak in uitvoeronderhandelings met Egipte aangekondig wat ‘n beduidende hupstoot vir Suid-Afrika se rooivleisbedryf kan beteken. Hy sê die ooreenkoms is ‘n belangrike mylpaal vir die landbousektor, wat die afgelope tyd teen een van die ergste uitbrekings van bek-en-klouseer in dekades worstel. Aucamp sê Suid-Afrika en Egipte het onderhandelings oor ‘n diere-gesondheidsertifikaat vir rooivleis-uitvoere van Suid-Afrika na Egipte suksesvol afgehandel.