# Die Stad Tshwane se Nooddienste-departement bly op hoë gereedheidsgrondslag terwyl swaar reën, skadelike wind en hewige donderstorms tot verdere oorstromings kan lei. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ʼn geel vlak 2-waarskuwing uitgereik vir ongure weer wat van vanmiddag tot middernag verwag word. Die departement se woordvoerder, Nana Radebe-Kgiba, sê noodpersoneel het die afgelope paar dae […]
# Die Stad Kaapstad veroordeel die Landdroshof in Athlone se besluit om borgtog toe te staan aan drie mans wat met AK-47-gewere en meer as 350 rondes ammunisie betrap is. Lede van die Wetstoepassings-bevorderingsprogram het hulle vroeër vanjaar in Nyanga vasgetrek. Hulle het vier gewere, ʼn pistool, ammunisie, verskeie voertuig-nommerplate en verdagte elektriese toerusting by […]
# Die EFF sê president Cyril Ramaphosa se toespraak oor die regering se reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord is nog ʼn vertraagde ingryping van ʼn regering wat reeds jare lank bewus is van die omvang van die probleem. Hy het ʼn multidissiplinêre nasionale strategie uiteengesit om die probleem te hanteer. Die EFF sê Ramaphosa se […]
# Die Vryheidsfront Plus sê die Ekurhuleni-metro tree na volgehoue versoeke op teen onwettige besetters op ʼn perseel in Beyerspark, Boksburg. Amptenare van die Afvalbestuurs-afdeling het die perseel gister besoek. Denise Janse van Rensburg van die VF Plus sê hawelose mense het ingetrek in die gebou, wat geen basiese geriewe het nie. Sy sê vullis […]
# Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, sê die bedryfs- en hulpbron-uitdagings in Kemptonpark se polisiestasie kry reeds aandag. Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron, het die stasie gister onaangekondig besoek en bevind daar is geen ligte nie, ou voertuie en verskeie infrastruktuur-probleme. Die provinsie se woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê hulle werk […]
# Die Departement van Gesondheid sê die regering sal reageer op buitensporige plaaslike en geopolitieke prys-druk wat die farmaseutiese sektor raak. Die enkel-uitgangsprys van medisyne en geskeduleerde middels styg môre met 2,88-persent, wat die tweede aanpassing vanjaar is. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê die verhoging sal druk op vervaardigers verlig sodat hulle medisyne […]
# Die Verenigde Nasies veroordeel die militêre lugaanval op ʼn mark in die staat Rakhine in Mianmar. Minstens 50 mense is dood en meer as 60 gewond. Mianmar is in ʼn burgeroorlog gewikkel sedert ʼn staatsgreep in 2021. ʼn Bondgenootskap tussen gewapende groepe veg teen die Weermag. Die VN se woordvoerder oor Menseregte, Jeremy Laurence, […]