# Die Stad Kaapstad veroordeel die Landdroshof in Athlone se besluit om borgtog toe te staan aan drie mans wat met AK-47-gewere en meer as 350 rondes ammunisie betrap is. Lede van die Wetstoepassings-bevorderingsprogram het hulle vroeër vanjaar in Nyanga vasgetrek. Hulle het vier gewere, ʼn pistool, ammunisie, verskeie voertuig-nommerplate en verdagte elektriese toerusting by hulle gehad. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die eindelose voorraad onwettige vuurwapens op straat is ʼn groot probleem.
Stad Kaapstad veroordeel borgtog van drie mans wat met AK-47’s betrap is