# Die Forum for South Africa het berigte verwelkom dat die Nasionale Vervolgingsgesag oorweeg om die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, te vervolg. Dit hou verband met ‘n tender van 2,5-miljoen-rand wat aan ‘n konsultant toegeken is tydens Ntshavheni se ampstermyn as munisipale bestuurder van die Ba-Phalaborwa Plaaslike Munisipaliteit in Limpopo. Die leier van […]
# Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering, sê die Kabinet se goedkeuring van die Hersiene Witskrif oor Plaaslike Regering is ʼn mylpaal in die voortgesette hervorming en vernuwing van die land se plaaslikeregering-stelsel. Die hersiening se doel is om die stelsel te moderniseer en te versterk om seker te maak munisipaliteite is beter toegerus om […]
# Die GOOD-party vra dringende optrede teen twee lede van die Universiteit van Kaapstad se raad, David Ansara en advokaat Mark Oppenheimer, wat verlede week die White Cross Project-konferensie in Washington in die VSA toegespreek het. Die konferensie is gevolg deur die plasing van sowat drie-duisend wit kruise op die National Mall in Washington, wat […]
# Die vakverbond COSATU verwelkom president Cyril Ramaphosa se aankondiging van verdere ingryping om geslagsgeweld en vrouemoord te takel. Die president het ʼn multidissiplinêre nasionale strategie uiteengesit wat ʼn gekoördineerde feitesending en verslag oor agterstande wat hierdie saak betref, insluit. COSATU-woordvoerder Matthew Parks sê die Mediumtermyn-begroting-beleidsverklaring moet die polisie, die regbank en Nasionale Vervolgingsgesag voorsien […]
# Die Rethink Your Drink-veldtog sê president Cyril Ramaphosa se aankondiging van ʼn gekoördineerde reaksie op alkohol-verwante geweld moet beskou word as ʼn sperdatum vir aksie. Die president het die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging en ander regeringsdepartemente opdrag gegee om binne 60 dae ʼn plan te ontwikkel wat alkoholverbruik betref, om alkohol-verwante geweld […]
# President Donald Trump van Amerika het ʼn uitvoerende bevel onderteken om die term Kunsmatige Intelligensie na Superintelligensie te verander wanneer dit in sy administrasie se amptelike kommunikasie gebruik word. Hy het gister in die Withuis met voorste uitvoerende tegnologiehoofde, onder andere van OpenAI, Anthropic, Nvidia, Meta en Google, vergader. Daar word strenger oorsig oor […]
# Die Stad Tshwane sê krag by die Lynnwood-, Mooikloof- en Willows-substasies is herstel ná ‘n ontploffing by die Waltloo-substasie, wat gister tot ‘n kragonderbreking by die Njala-toevoerstasie gelei het. Njala lewer ‘n groot deel van die metro se elektrisiteit, en die onderbreking het minstens elf primêre substasies geraak. Die burgemeester van Tshwane se woordvoerder, […]