# Die Britse eerste minister, Andy Burnham, sê sy agenda gaan die patroon van die afgelope 40 jaar verbreek en Brittanje in ‘n nuwe rigting stuur. In sy eerste toespraak as eerste minister tydens die Arbeidersparty se konferensie het hy onderneem om die weg te baan vir groter openbare beheer oor behuising, water en energiedienste. […]
# Sokker: Die Engelse Premierliga sê Manchester City het “skynkontrakte” met verskeie van sy kommersiële vennote aangegaan as deel van ‘n verbloemde finansieringskema om die klub se inkomste met ongeveer 18-miljard-rand te vermeerder. ‘n Onafhanklike kommissie het City skuldig bevind aan alle aanklagte wat verband hou met oortredings van die Premierliga se finansiële reëls tussen […]
# Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê president Cyril Ramaphosa kondig sedert 2019 noodoptrede teen geslagsgeweld en vrouemoord aan, maar niks verander nie. Die president het gisteraand die nasie toegespreek en vier maatreëls aangekondig om die regering se reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord te versterk. Dit sluit in ʼn oudit van sake waarby vroue en kinders […]
# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het Amerika se ambassadeur, Leo Brent Bozell, ʼn derde keer in nege maande ontbied om sogenaamde “ondiplomatiese gedrag” te verduidelik. Dit volg na ʼn artikel waarin hy president Cyril Ramaphosa en sy regering kritiseer omdat hulle vyf versoeke van president Donald Trump se administrasie ignoreer. Dit sluit […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 30 September 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig president Cyril Ramaphosa sê daar word nie genoeg gedoen om geslagsgeweld en vrouemoord te bekamp nie. Hy het die ministers van Polisie, en van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, die Nasionale Vervolgingsgesag en die polisiebestuur opdrag gegee om binne 60 […]
# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, waarsku die Film- en Publikasieraad om sy oorsig en stryd teen aanlyn gevare te versterk. Dit volg terwyl Suid-Afrika vinnige tegnologiese verandering beleef. Die raad se afdwingingskomitee het vroeër die maand aangekondig hy het toegeslaan op nienakoming, en boetes van altesaam 16,1-miljoen-rand uitgereik. Malatsi sê […]