# President Cyril Ramaphosa sê die geweld teen vroue in Suid-Afrika is ‘n bron van groot pyn en ‘n nasionale skande. Hy het gisteraand die nasie toegespreek en gesê wat die regering gaan doen om geslagsgeweld en vrouemoord in die land te stuit. Dit volg op die ontdekking van die liggame van elf vroue in […]
# Die VSA het Kanadese invoere ter waarde van bykans 16,4-miljard-rand, insluitend alkoholiese drank, suiwelprodukte en motorfietse, verbied. Dit dien as vergelding vir Kanada se instelling van tariewe op ‘n reeks Amerikaanse goedere vroeër vandeesmaand, ná ‘n mislukking in handelsamesprekings. Ongeveer 93-persent van alle Kanadese drankuitvoere in 2025 was na die VSA. President Donald Trump […]
# Krieket: Die snelboulers Kagiso Rabada en Anrich Nortjé se fiksheid sal beoordeel word tydens die Proteas se oefenkamp voor die reeks van drie toetse teen Australië. Rabada keer terug nadat ‘n besering hom uit die eendagreeks gehou het, terwyl Nortjé die afgelope drie jaar met ernstige beserings gesukkel het. Albei is in die voorlopige […]
# Tennis: Aryna Sabalenka van Belarus sê sy is uitgerus voor haar eerste toernooi sedert sy vroeër vandeesmaand die eerste plek op die wêreldranglys aan Elena Rybakina van Kazakstan moes afstaan. Dit was ná die Amerikaanse Ope, waar sy ook in die eindstryd teen Rybakina verloor het. Sabalenka was vir 99 weke nommer-een op die […]
# Die Mpumalanga-sakeman, Joe Sibanyoni het hom by die Madlanga-kommissie op sy reg beroep om homself nie te inkrimineer nie. Sibanyoni het geweier om vrae te beantwoord oor ‘n beweerde afpersingskema van twee-miljoen-rand wat met die sakeman Thomas Ntuli en die Molotoweg-projek verband hou. Hy beweer sy getuienis voor die kommissie kan sy hangende strafsaak […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare vra dringende optrede om kritieke personeeltekorte in KwaZulu-Natal se openbare gesondheidsorgstelsel aan te spreek. Volgens die vakbond is gekwalifiseerde dokters werkloos terwyl befondsde poste bevries of ongevul gelaat word, wat bykomende druk plaas op gesondheidsorgwerkers en pasiëntedienste beïnvloed. Zamani Dladla van die vereniging sê die provinsie moet vakante mediese poste […]
# AfriForum sê die beweerde besteding van 182-miljoen-rand aan die bemarking van Nasionale Gesondheidsversekering moet ondersoek word. Die organisasie meen bewerings van onreëlmatighede in kontrakte en die beweerde aanwending van fondse wat vir ander gesondheidsprogramme bedoel was, wek kommer oor moontlike korrupsie en wanbestuur. Louis Boshoff van AfriForum sê geen wangedrag kan bevestig word voor […]
# Die DA sê sterker optrede is nodig om vuurwapengeweld in die Wes-Kaap te bekamp ná twee afsonderlike skietvoorvalle in Khayelitsha en Lwandle oor die naweek. Woordvoerder Benedicta van Minnen sê Lwandle het dringend ‘n permanente polisiestasie met voldoende hulpbronne nodig, terwyl meer gedoen moet word om ondersoeke en vervolgings te verbeter. Sy sê onwettige […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging sê die werkloosheidskrisis word vererger deur regeringsbeleid, insluitend die onlangse verhoging van die terugkoopkoers. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging voer aan die koersverhoging van sewe-present na 7,25-persent sal lenings duurder maak en kan die motorbedryf benadeel deur die vraag na voertuie te laat afneem. Hlubi-Majola doen ‘n beroep op groter openbare belegging […]