# Wetenskaplikes vra vir die dringende beskerming en herstel van Afrika se graslande langs die see, wat kusgemeenskappe ondersteun deur voedsel, medisyne en grondstowwe te verskaf. ‘n Oorsig deur die Universiteit Stellenbosch het beduidende leemtes in kennis oor die omvang en toestand van hierdie ekosisteme aan die lig gebring, met hersteltoetse wat in slegs ses […]
# Die DA sê die aanhoudende en duur van kragonderbrekings in Tshwane is moontlik ‘n skending van die stad se lisensievoorwaardes vir elektrisiteitsverspreiding. Die party het ‘n klag by die energiereguleerder, Nersa, ingedien en vra vir ‘n ondersoek na die stad se elektrisiteitsvoorsiening. Cilliers Brink van die DA sê Tshwane ervaar ongeveer een-duisend-600 kragonderbrekings per […]
# Sokker: Die Premier-sokkerliga het bevestig vanjaar se MTN8-eindstryd sal op die Moses Mabhida-stadion in Durban, KwaZulu-Natal, plaasvind. Orlando Pirates kom op Saterdag 10 Oktober teen Mamelodi Sundowns te staan kom, met die afskop om ses-namiddag. Kaartjies is van Vrydag af aanlyn beskikbaar. Die stadion in Durban sal vir ‘n rekord tiende keer vir die […]
# Die Britse ontdekkingsreisiger, sir Ranulph Fiennes, is al byna twee jaar laas in die openbaar gesien, nadat hy vroeër bekend gemaak het hy is met Parkinsons gediagnoseer. Die 82-jarige woon tans in ‘n versorgingsoord in Engeland, maar familielede het aan die BBC gesê hulle vind dit baie moeilik omdat hulle hom langer as ‘n […]
# Die polisie in Gauteng en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het 121 vermeende onwettige mynwerkers tydens Operasie Prosper in Fochville, Gauteng, in hegtenis geneem. Die operasie is in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake en die sekuriteitspan van die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater uitgevoer. Die polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi sê die operasie is deel van voortdurende pogings […]
# Rugby: Die voormalige Engelse kaptein, Lawrence Dallaglio, gaan sy wennersmedalje van 2003 se Wêreldbekertoernooi opveil weens voortdurende finansiële probleme. Die 54-jarige is verlede jaar bankrot verklaar en het ’n versameling aandenkings uit sy loopbaan te koop aangebied. Dallaglio het gespeel toe Engeland Australië in 2003 20-17 verslaan het in die eindstryd in Sydney. Daar […]
# Die korrupsiesaak van 228-miljoen-rand wat met Medicare 24 verband hou, wag op ‘n besluit van ‘n hersieningspaneel van die Nasionale Vervolgingsgesag. Die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala en 15 ander staan tereg op aanklagte van korrupsie weens die beweerde onreëlmatige toekenning van die Medicare 24-kontrak vir die Tshwane-distrik. Die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, […]
# Die Wes-Kaapse polisie het vier mans in Gugulethu gearresteer vir beweerde afpersing en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Die arrestasies volg op inligting wat verkry is terwyl speurders ‘n poging- tot-moord-verdagte ondervra het oor die sindikaat en versteekte vuurwapens. Die polisie het op twee nege-millimeter pistole, waarvan een sonder ‘n reeksnommer, en […]
# President Cyril Ramaphosa sê ‘n verkiesing alleen kan nie vrede en demokrasie in Suid-Soedan waarborg nie. Ramaphosa het tydens ‘n virtuele beraad van die Afrika-unie gesê geloofwaardige verkiesings moet ondersteun word deur ‘n inklusiewe politieke proses, behoorlike veiligheidsmaatreëls en sterk instellings. Hy het ‘n beroep op Suid-Soedanese leiers gedoen om hul verskille opsy te […]