# Die Wes-Kaapse polisie het vier mans in Gugulethu gearresteer vir beweerde afpersing en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Die arrestasies volg op inligting wat verkry is terwyl speurders ‘n poging- tot-moord-verdagte ondervra het oor die sindikaat en versteekte vuurwapens. Die polisie het op twee nege-millimeter pistole, waarvan een sonder ‘n reeksnommer, en sewe rondtes ammunisie, beslag gelê. Die verdagtes sal na verwagting in die Athlone-landdroshof verskyn sodra hulle aangekla is.
Die Wes-Kaapse polisie arresteer vier mans van Gugulethu vir beweerde afpersing