# Die belangegroep Mining Affected Communities United in Action doen ‘n beroep op kleinskaalmynwerkers, mynverenigings en gemeenskappe wat deur mynbou geraak word, om aansoek te doen of verteenwoordigers te benoem vir ‘n voorgestelde nasionale lekgotla vir kleinskaalmynwerkers. Die sluitingsdatum vir aansoeke en benoemings is 31 Oktober. Die organisasie sê kleinskaalmynwerkers het beperkte inspraak gehad in […]
# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, het bevestig Gauteng sal volgende Donderdag die tweede Suid-Afrikaanse Infrastruktuurbeleggingsberaad, met die tema “Belê in toerisme-infrastruktuur, belê in groei,” sal aanbied. De Lille het in Sandton aangekondig 15 lewensvatbare projekgeleenthede sal bekendgestel word om kapitaal te lok en werkskepping te bevorder, wat die rol van toerisme as […]
# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning, Lebogang Maile, het die tweede Afrika-konferensie van die Internasionale Raad vir die Onderwys van Mense met Visuele Gestremdhede amptelik by Emperors Palace in Johannesburg geopen. Die konferensie, wat saam met die Prinshofskool vir siggestremdes aangebied word, fokus op inklusiewe onderwys, innovering, samewerking en toeganklikheid […]
# Die EFF-leier Julius Malema is verlof toegestaan om te appelleer teen sy skuldigbevindings in verband met vuurwapenmisdrywe en sy tronkstraf van vyf jaar. Die Hooggeregshof in Makhanda, Oos-Kaap, het beslis daar is voldoende gronde vir die appèl, wat deur ‘n volle regbank aangehoor sal word. Malema is skuldig bevind nadat hy tydens die EFF […]
# Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het kiesers met identiteitsdokumente wat verlore of beskadig is, aangemoedig om dit by Binnelandse Sake of deelnemende banktakke te vervang voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Ntshavheni het intussen aangekondig aansoeke vir spesiale stemme is nou oop en sluit 12 Oktober om vyf-uur die middag. Sy […]
# RISE Mzansi se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Lukhona Mnguni, sê Suid-Afrika se toekoms word bedreig deur toenemende spanning tussen die nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlakke. Mnguni het op ‘n geleentheid by Unisa gesê die land benodig ‘n eerlike heronderhandeling van sy maatskaplike kontrak. Hy is bekommerd oor oproepe om die Grondwet te wysig en die […]