# Die PowerBall- en PowerBall-plus-trekkings bied vanaand ‘n gesamentlike geskatte boerpot van 101-miljoen-rand. Die PowerBall-boerpot staan op 80-miljoen-rand, terwyl die PowerBall-plus-boerpot 21-miljoen-rand beloop. Die trekking vind net ná nege-uur vanaand plaas. ‘n Ontleding van vorige trekkings toon nommer 13 is sedert Junie 2018 die meeste as hoofnommer getrek op 106-trekkings. Die grootste PowerBall-boerpot nóg was […]
# President Cyril Ramaphosa spreek die land vanaand sewe-uur toe oor die regering se reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord. Hy sal ook ‘n oorsig gee oor die ondersoeke na moorde op vroue in Ekurhuleni, Gauteng. Die toespraak volg te midde van toenemende kommer oor geweld teen vroue. Die SABC sal die toespraak uitsaai, en dit […]
# Krieket: ‘n Heeltemal nuwe Protea-span word verwag vir môre se laaste eendagwedstryd teen Australië in Potchefstroom nadat Suid-Afrika reeds die reeds beklink het deur die eerste twee wedstryde te wen. Die afrigter Shukri Conrad sê hulle mik steeds daarna om skoonskip te maak in die reeks, maar wil ook die groep se diepte toets. […]
# Statistiek Suid-Afrika sê werksgeleenthede het tussen Maart en Junie met 14-duisend afgeneem, met vervaardiging, sakedienste, handel en die vervoersektor wat die grootste verliese toon. Indiensneming het met 95-duisend afgeneem vergeleke met Junie verlede jaar. Voltydse poste het met 40-duisend afgeneem, maar deeltydse poste het met 26-duisend toegeneem. Gemeenskapsdienste het die grootste toename aangeteken, met […]
# Die kabinet verwelkom ‘n belangrike ooreenkoms waarvolgens Suid-Afrikaanse kersieprodusente die eerste keer toegang kry tot die Chinese mark. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê dit maak deure oop na een van die wêreld se grootste kersiemarkte, wat verlede jaar alleen kersies ter waarde van meer as 52-miljard-rand ingevoer het. Sy sê die […]
# Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke sê ‘n nasionale dag van rou behoort oorweeg te word weens die onlangse reeks massamoorde. Agt-en-twintig mense het die afgelope naweek gesterf in skietvoorvalle in Gauteng en die Wes-Kaap. Die raad se hoofsekretaris, eerwaarde Mzwandile Molo, sê Suid-Afrikaners het ongevoelig geraak teenoor geweld en die waarde van menselewens het […]
# Die Stad Tshwane sê ‘n kragonderbreking raak verskeie gebiede ná ‘n ontploffing en brand by die Waltloo-substasie vanoggend. Die voorval het veroorsaak dat die Njala-toevoersubstasie buite werking is, wat die kragtoevoer na verskeie gebiede ontwrig, insluitend Mamelodi, Lynnwood, Villieria, Wapadrand, Mooikloof en Koedoespoort. Die stad se woordvoerder, Lindela Mashigo, vra inwoners om weg te […]
# ’n Voormalige televisie-nuusaanbieder is verkies as koning van die Tooro-koninkryk in Uganda, ná ’n opvolgergeskil na die dood van koning Oyo. Die 56-jarige koning Edward is deur ’n komitee van 21 lede van die koninklike Babiito-stam verkies. Oyo se moeder was egter teen die besluit gekant en beweer hy het ‘n onbekende seun wat […]