# Die EFF-leier Julius Malema is verlof toegestaan om te appelleer teen sy skuldigbevindings in verband met vuurwapenmisdrywe en sy tronkstraf van vyf jaar. Die Hooggeregshof in Makhanda, Oos-Kaap, het beslis daar is voldoende gronde vir die appèl, wat deur ‘n volle regbank aangehoor sal word. Malema is skuldig bevind nadat hy tydens die EFF […]
# Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het kiesers met identiteitsdokumente wat verlore of beskadig is, aangemoedig om dit by Binnelandse Sake of deelnemende banktakke te vervang voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Ntshavheni het intussen aangekondig aansoeke vir spesiale stemme is nou oop en sluit 12 Oktober om vyf-uur die middag. Sy […]
# RISE Mzansi se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Lukhona Mnguni, sê Suid-Afrika se toekoms word bedreig deur toenemende spanning tussen die nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlakke. Mnguni het op ‘n geleentheid by Unisa gesê die land benodig ‘n eerlike heronderhandeling van sy maatskaplike kontrak. Hy is bekommerd oor oproepe om die Grondwet te wysig en die […]
# Die polisie gaan sy geskorste adjunkkommissaris, Shadrack Sibiya, Maandag dissiplinêr verhoor. Hy het borgtog gevra in die Randburgse Landdroshof in Gauteng, waar hy aangekla word van verkragting, seksuele gereedmaking en ander misdrywe. Woordvoerder Athlenda Mathe sê Sibiya is ingelig terwyl hy in die polisieselle aangehou is. Sy sê hy moet die verhoor persoonlik bywoon, […]
# Krieket: Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, glo die briljante jong kolwer Dewald Brevis is beter toegerus vir die beperkte boulbeurt-formaat. Dis die rede waarom hy nie ingesluit is in die voorlopige groep vir volgende maand se drie toetse teen Australië nie, en ook nie dié somer enige toetse gaan speel nie. Conrad vergelyk […]
# Suid-Korea sê Noord-Koreaanse landmyne het verlede week se ontploffing in die neutrale sone veroorsaak waarin drie Suid-Koreaanse soldate beseer is. Die minister van Verdediging, Kang Shin-chul, sê dit was ‘n duidelike skending van die wapenstilstand wat die Koreaanse Oorlog beëindig het. ‘n Gesamentlike ondersoek deur Suid-Korea en die Verenigde Nasies se bevelsgroep het nog […]
# Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê ‘n vermeende terreurkomplot naby ‘n Britse Lugmagbasis wat deur Amerikaanse magte gebruik word, dui op buitelandse betrokkenheid. Vyf Britse mans van Londen is Sondag naby RAF Fairford in hegtenis geneem en gister op borgtog vrygelaat. Britse teen-terreur-amptenare ondersoek of hulle namens ‘n buitelandse staat opgetree […]