# Die EFF-leier Julius Malema is verlof toegestaan om te appelleer teen sy skuldigbevindings in verband met vuurwapenmisdrywe en sy tronkstraf van vyf jaar. Die Hooggeregshof in Makhanda, Oos-Kaap, het beslis daar is voldoende gronde vir die appèl, wat deur ‘n volle regbank aangehoor sal word. Malema is skuldig bevind nadat hy tydens die EFF se vyfde herdenkingsvieringe in Mdantsane in 2018 ‘n geweer afgevuur het. Hy is in April tot vyf jaar tronkstraf gevonnis, maar het nog nie begin om die vonnis uit te dien nie terwyl die appèlproses voortduur.
Julius Malema verlof toegestaan om te appelleer teen sy vonnis van vyf jaar tronkstraf