Skip to content

Rubio sê buitelandse rolspeler betrokke in voorval naby Britse Lugmagbasis

# Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê ‘n vermeende terreurkomplot naby ‘n Britse Lugmagbasis wat deur Amerikaanse magte gebruik word, dui op buitelandse betrokkenheid. Vyf Britse mans van Londen is Sondag naby RAF Fairford in hegtenis geneem en gister op borgtog vrygelaat. Britse teen-terreur-amptenare ondersoek of hulle namens ‘n buitelandse staat opgetree het. Rubio het nie die land identifiseer of enige bewyse verskaf nie terwyl sy president, Donald Trump, sê daar kan moontlik ‘n skakel met Iran wees. Teheran onten enige betrokkenheid. Die ondersoek duur voort.