# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê die ekonomie se afname in die tweede kwartaal was grootliks te wyte aan swakker produksie. Die mynbou-, vervaardigings- en handelsektore het die swaarste deurgeloop onder hoër koste, swakker vraag en logistieke beperkings. Die mynbousektor het met drie persent gekrimp, met ‘n afname in produksie in sewe van die 12 mineraalgroepe, […]
# ‘n Uitgebreide soektog is steeds aan die gang na ‘n 85-jarige bekende in volstruiskringe, Saag Jonker van Oudtshoorn. Hy is Sondag in sy Toyota Land Cruiser meegesleur toe hy probeer het om ‘n laagwaterbrug oor die vol Olifantsrivier oor te steek. Polisieduikers het ‘n tweede soektog van stapel gestuur waaraan nooddienste, hommeltuig-operateurs, ‘n helikopter, […]
# ‘n Onafhanklike navorsingsinstituut sonder winsbejag, Africa Asia Dialogues, waarsku oor die gebrek aan ‘n gevoel van dringendheid by Suid-Afrikaanse leiers om aandag te gee aan massaskietvoorvalle. Dit volg nadat 28 mense die naweek in Gauteng en die Wes-Kaap doodgeskiet is. Agtien mense is dood by ‘n taverne in Carletonville en tien in Lwandle. ‘n […]
# Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe kritiseer die regstelsel se hantering van geslagsgeweld en vrouemoord. Voorsitter Thoko Mkhwanazi-Xaluva het tydens die nasionale ondersoek in Johannesburg gewaarsku slagoffers word dikwels aan sekondêre viktimisering blootgestel, van hul eerste kontak met die polisie tot die hantering van hofsake. […]
# Sokker: Botswana het onttrek aan die gesamentlike bod met Suid-Afrika en Zimbabwe om die Afrikabeker-toernooi in 2028 aan te bied. Die land se regering het volgens berigte geweier om die vereiste finansiële waarborg vir die bod te verskaf en beskou nie die aanbieding van die toernooi as belangrik nie. Suid-Afrika en Zimbabwe het die […]
# Die visekanselier van die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap, Sakhela Buhlungu, het bedank, maar die universiteit se raad sê hy kan nie onmiddellik uittree nie. Buhlungu het gister bedank net voordat hy sy verdediging sou voorlê in ‘n dissiplinêre verhoor waar hy teregstaan op aanklagte van growwe wangedrag, verset teen gesag en […]