# Die polisie in Mpumalanga verskerp pogings om die verspreiding en onwettige besit van vuurwapens te bekamp. Hulle het tussen 20 Augustus en Sondag op 40 onwettige vuurwapens beslag gelê tydens misdaadbekampingsoperasies. Woordvoerder Mavela Masondo sê die vuurwapens sal forensies ontleed word om hul oorsprong te bepaal en vas te stel of dit in ander […]
# Die Verkiesingskommissie het ʼn verkiesings-gedragskode teen waninligting in die plaaslike regeringsverkiesing goedgekeur en in die Staatskoerant gepublisheer voor die verkiesing op 4 November. Die kommissie sê dit behels dat politieke partye en kandidate moet seker maak inligting is betroubaar voor hulle dit deel. Hulle moet enige verkeerde of misleidende inligting binne 36-uur in die […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus verwag ‘n reuse-aanslag van die All Blacks in Saterdag se vierde en laaste toets in Baltimore. Hy het twee veranderings gemaak aan sy opdrafspan – Damian Willemse vervang die beseerde Cheslin Kolbe op heelagter, en Morné van den Berg begin op skrumskakel, met Cobus Reinach op die bank. Erasmus glo […]
# KwaZulu-Natal se LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, het ʼn tegniese deskundige in die Endumeni Plaaslike Munisipaliteit aangestel. Thando Manda sal tegniese ondersteuning aan die munisipaliteit bied en leierskapprobleme aanspreek wat verhoed het dat die begroting aanvaar word. Die departement se woordvoerder, Siboniso Mngadi, sê die ingryping is gemik op die […]
# Die Forum for South Africa sê hy is bekommerd dat voortslepende strukturele druk die gehalte van onderwys in Gauteng beïnvloed. Die provinsiale Onderwysdepartement het vir 2027 altesaam 805-duisend-688 aansoeke vir graad 1 en graad 8 ontvang. Die departement het egter net sowat 405-duisend-600 beskikbare plekke. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, sê Gauteng se bevolking […]
# Civic Root Advocacy sê die vertragings rondom die parlementêre verwerking van die Wetsontwerp op Koalisies toon die regering se inherente onvermoë om plaaslike regeringsuitdagings op te los. Die wetgewing beoog om koalisieraamwerke binne plaaslike regerings te standaardiseer. Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake hoop dit sal voor November se plaaslike regeringsverkiesing deurgevoer […]
# Die Stad Tshwane se Nooddienste-departement, in samewerking met die Plaaslike Regering Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerheid en Ithuba Recruitment, is vandeesmaand besig met ʼn keuringsproses vir die Nooddiens-leerlingskapprogram. Die program bemagtig jongmense met vaardighede en stel hulle bloot aan brandbestryding as voorkeurloopbaan. Die metro sê voornemende kandidate ondergaan ʼn reeks toetse, insluitend ʼn fiksheid-drafsessie van […]