# ‘n Maatskaplike werker vir die staat, Phumzile Sithole, sê die veroordeelde pedofiel Iain Wares moet regstreekse tronkstraf opgelê word. Sy het getuig tydens voorvonnisverrigtinge in die Wynbergse Landdroshof in Kaapstad. Sithole sê die 87-jarige Wares, ‘n voormalige onderwyser in Skotland en Suid-Afrika, toon geen berou nie, ontken sy misdade en gee ander die skuld […]
# Die Suider-Afrikaanse Alliansie vir Alkoholbeleid sê die onlangse massaskietvoorvalle het leemtes blootgelê in die wyse waarop drankwinkels en drankondernemings gelisensieer en gemonitor word, veral in arm, digbevolkte gebiede. Agtien mense is die naweek in ‘n taverne in Wedela aan die Gautengse Wes-rand doodgeskiet en tien in Lwandle, Kaapstad. Woordvoerder Nomcebo Dlamini het aan Newzroom […]
# Hewige donderstorms word vandag in dele van Suid-Afrika verwag. Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en die Noord-Kaap kan geraak word. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens se voorspeller, Lehlohonolo Thobela, waarsku die storms kan plaaslike oorstromings, skade aan huise en gevaarlike toestande op paaie veroorsaak. Hy vra inwoners om verspoelde gebiede te vermy, skuiling te soek tydens weerlig […]
# Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, versoek die regering om sy ideologiese houding opsy te skuif en die belange van landsburgers eerste te stel. Amerika het nuwe visumbeperkings ingestel teen Suid-Afrikaners wat verbind word met beleid wat sekere groepe benadeel. Bozell het aan Daily Maverick gesê die regering se versuim om die […]
# Die Nasionale Regeringskool het twee nuwe kwalifikasies vir staatsamptenare ingestel in die vorm van Staatsdiens-administrateur vlak vyf en Algemene Bestuurder Staatsdiens vlak ses. Die kwalifikasies met 120 krediete behoort binne 12 maande afgehandel te wees. Die skool se waarnemende hoof, Phindile Mkwanazi, sê die twee nuwe beroepskwalifikasies is daarop gemik om gestruktureerde riglyne aan […]
# Dele van die Johannesburgse middestad en Marshalltown is steeds sonder elektrisiteit na Saterdag se groot brand by die Johannesburg-Sentraal-substasie. Die jongste kragonderbreking volg slegs ‘n dag nadat kragtoevoer herstel is ná ʼn onderbreking van twee weke. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê tegniese spanne het bewyse gevind van moontlike kabeldiefstal en opsetlike beskadiging […]
# Kaapstadse owerhede het die afgelope naweek meer as drie-duisend oproepe om hulp ontvang, terwyl die aanmelding van ongelukke 58-persent hoër was. Die metro se noodsentrum het drie-duisend-en-20 oproepe ontvang waarvan 235 vir aanranding was en 138 vir ongelukke. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê wetstoepassingsbeamptes het ook beslag gelê op dwelms […]