# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die Reserwebank ondersoek die finansiële maatskappy Kastelo, wat gesamentlik gestig is deur die voormalige voorsitter van die DA se Finansies-komitee, Mark Burke. Dit het na bewering aspekte van sy sakemodel verkeerd voorgestel. Kastelo het ook kliënte se eenmalige diskresionêre toelaes en buitelandse beleggingstoelaes gebruik om fondse vir […]
# George se munisipale raad het sy Gekonsolideerde Raamwerk vir Kapitaalbesteding vir 2026/2027 goedgekeur en aanvaar. Dit verskaf riglyne vir beplanning en watter infrastruktuurprojekte voorkeur kry. Projekte word oorweeg volgens faktore soos diens-agterstande, groei, infrastruktuurbehoeftes, bekostigbaarheid, tegniese gereedheid en moontlike maatskaplike en ekonomiese voordeel. Die munisipaliteit se woordvoerder, Debra Sauer, sê infrastruktuurprojekte moet binne hulle […]
# Rugby: Die All Blacks se afrigter, Dave Rennie, het ‘n sterk groep van 34 aangekondig vir volgende maand se twee Bledisloebeker-toetse teen die Wallabies. Een-en-dertig spelers wat deel was van die oorspronklike groep van 44 vir die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks teen die Springbokke is behou, asook Richie Mo’unga, wat in Suid-Afrika as ‘n plaasvervanger […]
# Die vakverbond SAFTU sê hy ondersteun die doelwitte om arbeidsmigrasie te reguleer, werksgeleenthede te beskerm en te keer dat werkgewers trekarbeiders uitbuit. Die Wysigingswetsontwerp op Indiensnemingsdienste wat vir openbare kommentaar goedgekeur is, stel boetes van tot een-miljoen-rand voor vir nienakoming, vereis dat buitelandse burgers voor indiensneming getoets word, en stel indiensnemingskwotas voor. SAFTU-woordvoerder Asive Dyani […]
# President Donald Trump van Amerika ontken dat hy aangebied het om sommige sanksies teen Iran op te hef en fondse vry te stel in ruil vir toegewings oor kernkrag. Amerikaanse en Iranse amptenare het gister afsonderlik met bemiddelaars beraadslaag. Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, sê Teheran is heeltemal bereid om die […]
# Die vakverbond COSATU in Gauteng vra dringende optrede in die Wes-Rand teen onwettige vuurwapens, georganiseerde misdaad en geweld wat met onwettige mynbedrywighede verband hou. Dit volg nadat 18 mense Saterdagaand by ‘n taverne in Wedela, Carletonville, doodgeskiet is. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. COSATU se provinsiale voorsitter, Amos Monyela, vra beter polisie-intelligensie […]