# Die Russiese president, Vladimir Putin, het ʼn bevel onderteken waarin hy opdrag gee dat die leër vergroot word, en dat fondse aan die ministerie van Verdediging toegeken word om dit uit te voer. Dit volg na ʼn soortgelyke opdrag in Augustus en brei die gewapende magte uit tot twee-miljoen, waarvan 1,55-milljoen aktiewe dienspligtiges is. […]
# Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke sê die onlangse massaskietvoorvalle in die land is nie meer net ʼn reeks geïsoleerde tragedies nie, maar ʼn nasionale krisis. Agtien mense is die naweek by ʼn taverne in Wedela, Gauteng, doodgeskiet, en tien mense is by ʼn vermaaklikheidsplek in Lwandle, Kaapstad, dood. Verlede week in KwaMakhutha, KwaZulu-Natal, is […]
# Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, waarsku ʼn groot kuberaanval kan die volgende ernstige wêreldwye finansiële krisis veroorsaak. Hy het gister in Johannesburg die hoofrede oor Afrika en geopolitiek gelewer by die derde forum van die Mapungubwe Institute for Strategic Reflection. Kganyago sê toenemende wanorde wêreldwyd, aangedryf deur geopolitiek, klimaatskokke, die gevare […]
# Sokker: FIFA-president Gianni Infantino sê hy is bereid om aansienlike verhogings in befondsing vir die wêreldbeheerliggaam se 211 lede te ondersteun. Dit volg na ‘n gesamentlike versoek deur UEFA en CONCACAF vir minstens 164-miljoen-rand per vereniging uit FIFA se kontantreserwes vir die 2027–2030-siklus. Infantino is vroeër gekritiseer oor sy “FIFA Forward Enterprise“-voorstel, waarvolgens aandele […]
# Soedan se minister van Buitelandse Sake, Mohieldin Salim Ahmed Ibrahim, veroordeel buitelandse inmenging in die land en sê dit verdiep die dekade lange konflik. Soedan is sedert April 2023 in ʼn oorlog tussen die weermag en die Rapid Support Forces gewikkel. Dit het al gelei tot die dood van tien duisende mense en een van […]
# Die polisie in Gauteng sê ‘n man wat verdink word van die moord op ‘n 23-jarige vrou gisteroggend in Tembisa, is dood aangetref in sy voertuig in Midrand. Boitumelo Gift Mashita is tydens ‘n beweerde rooftog doodgeskiet, terwyl sy op pad werk toe was. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê die man is Mashita se vervreemde […]