# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Alexander Zverev, en die sesmalige kampioen, Novak Djokovic, kan dalk ontmoet in die kwarteindronde van die Chinese Ope. Die Duitser het vroeër die maand sy tweede Grand Slam-titel gebuit op die Amerikaanse Ope en begin teen die Brit Cameron Norrie. Djokovic het in 2015 laas aan die toernooi deelgeneem. Hy speel […]
# Die EFF vra dat ʼn gespesialiseerde nasionale taakspan aangestel word om massaskietvoorvalle en vuurwapengeweld te ondersoek. Dit volg na die onlangse massaskietvoorvalle in Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal, waarin meer as 40 mense dood is. Die EFF sê hierdie voorvalle weerspieël die dodelike verband tussen onwettige mynbedrywighede, georganiseerde misdaad en die toename in onwettige […]
# Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, sê sy land is gereed om gevegte teen Amerika te hervat, maar bly ook gewillig om te onderhandel. President Donald Trump het Teheran se voorstel die naweek verwerp dat die Straat van Hormoes binne sewe dae sal heropen indien sy voorwaardes aanvaar word en onderhandelings vir […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê Interpol soek steeds na Rajesh en Atul Gupta, terwyl die regering voortgaan met pogings om die broers aan die land te laat lewer. Hulle is in Junie 2022 in die Verenigde Arabiese Emirate gearresteer. Suid-Afrika was in 2023 onsuksesvol in pogings om die broers uitgelewer te […]
# Die vyf Britse mans wat Sondag naby RAF Fairford in Gloucestershire vir terreurmisdrywe in hegtenis geneem is, is op borgtog vrygelaat. Die Amerikaanse Lugmag gebruik die lugmagbasis vir sy operasies teen Iran. Die hoof van teen-terrorisme-polisiëring, assistent-kommissaris Laurence Taylor, sê die ondersoek is nog nie afgehandel nie, en die vyf mans is onderworpe aan […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê rassisme en verwante onverdraagsaamheid kan nie deur staatsoptrede alleen uit die weg geruim word nie. Hy het deelgeneem aan ‘n hoëvlakvergadering van die Verenigde Nasies om die 25ste herdenking van die aanvaarding van die Durban-verklaring en -aksieplan te gedenk. Die verklaring erken geskiedkundige onregte […]
# Professor Sue Harrison, ‘n emeritus-professor van die Universiteit van Kaapstad, is verkies tot Internasionale Genoot van die Royal Academy of Engineering ter erkenning van haar bydrae tot ingenieursnavorsing, innovasie en kapasiteitsontwikkeling. Harrison, tans adjunk-visekanselier vir Navorsing en Innovasie aan die Universiteit van Queensland in Australië, was 30 jaar lank werksaam by Universiteit van Kaapstad, […]
# ArcelorMittal Suid-Afrika is in gesprek met die Nywerheidsontwikkelingskorporasie oor ‘n ooreenkoms van drie-miljard-rand om die toekoms van die land se staalbedryf te verseker. Die korporasie het aangebied om ‘n belang van 80-persent in die sukkelende staalvervaardiger te verkry, maar onderhandelings word vertraag deur meningsverskille oor die maatskappy se struktuur vir swart ekonomiese bemagtiging. Die […]
# Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, sê ekonomiese groei en die skep van werksgeleenthede was die hooffokus van sy onlangse besoek aan die VSA. Hy het samesprekings met Amerikaanse regerings- en sakeleiers gevoer om bande op die gebied van handel, belegging en toerisme te versterk. Die premier het ook die provinsie se planne […]