Skip to content

Nywerheidskorporasie in gesprek met ArcelorMittal oor R3-miljard ooreenkoms

# ArcelorMittal Suid-Afrika is in gesprek met die Nywerheidsontwikkelingskorporasie oor ‘n ooreenkoms van drie-miljard-rand om die toekoms van die land se staalbedryf te verseker. Die korporasie het aangebied om ‘n belang van 80-persent in die sukkelende staalvervaardiger te verkry, maar onderhandelings word vertraag deur meningsverskille oor die maatskappy se struktuur vir swart ekonomiese bemagtiging. Die korporasie sê hy werk aan ‘n blywende oplossing vir die maatskappy se uitdagings, met die doel om Suid-Afrika se noodsaaklike staalvervaardigingsvermoëns te beskerm.