# Rugby: Engeland se kaptein, Maro Itoje, is nie ingesluit in die groep vir ‘n oefenkamp ter voorbereiding vir volgende Vrydag se wedstryd teen ‘n Franse vyftiental nie. Dit is voor die eerste Nasieskampioenskap waarin Engeland teen Suid-Afrika, Fidji en Argentinië te staan kom. Afrigter Steve Borthwick het verlede week onthul dat gesprekke gevoer is […]
# Die Nasionale Vakbond vir Hoër Onderwys in die Oos-Kaap het ‘n strafregtelike klagte ingedien teen die Universiteit van Fort Hare se geskorste visekanselier, Sakhela Buhlungu. Die klagte, wat verband hou met beweerde ernstige bestuurs- en aanspreeklikheidskwessies, is by die Spesiale Ondersoekeenheid, die Valke en die Openbare Beskermer ingedien. Buhlungu is geskors nadat ‘n forensiese […]
# Die DA in die Wes-Kaap verwelkom die bekendstelling van die Vaardigheidskool-leerlingskap-program. Dit bied oor 12 maande geakkrediteerde bou-opleiding aan 90 leerders wat hulle loopbane voltooi het aan Kaapstadse vaardigheidskole soos in Gugulethu, Retreat, Milnerton, Bellville en Eersterivier. Dirk Wessels van die DA sê ingryping van hierdie aard bewys die provinsiale regering se toewyding aan die […]
# Die GOOD-party in Drakenstein sê hy is geskok maar nie verbaas nie oor die derde gewapende roof in minder as ʼn week in Lady Grey-straat, die handelsentrum van die Paarl. In een voorval het vyf gewapende mans ʼn selfoonwinkel beroof. Keagen Gertse van GOOD sê Drakenstein moet kreatiewe maniere gebruik om seker te maak […]
# Hokkie: Suid-Afrika wil sy tuisveldvoordeel ten volle inspan in môre se FIH-Nasiesbeker-openingswedstryd teen Frankryk in Kaapstad. Suid-Afrika het vier jaar gelede die heel eerste toernooi gewen, maar Nieu-Seeland het daarna oorheers en opeenvolgende toernooie gewen. Nege spanne sal sake uitspook vir ʼn plek in die FIH-Pro-liga. Suid-Afrika se kaptein, Dayaan Cassiem, sê hulle benadering […]
# Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Valke het op 30 blokke kokaïen by die Durbanse hawe beslag gelê. Dit volg dae na beslag gelê is op ʼn groot dwelmbesending by dieselfde hawe toe sowat 90 kilogram kokaïen gevind is wat op vragmotors van Brasilië versteek was. ʼn Valke-woordvoerder, Katlego Mogale, sê na intelligensie-geleide risikoprofiel-samestelling en […]
# Die Namibiese Kamer van Mynwese sê beleidsekerheid bly van kritieke belang om beleggings in die mynbousektor te lok en te behou. Die regering oorweeg ‘n beleid waarvolgens nuwe mynbou-ondernemings plaaslike eienaarskap van 51-persent moet hê. Die kamer se uitvoerende hoof, Fabian Shaanika, sê voornemende beleggers benodig duidelike en voorspelbare regulasies. Hy sê die bedryf […]