# Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, sê ekonomiese groei en die skep van werksgeleenthede was die hooffokus van sy onlangse besoek aan die VSA. Hy het samesprekings met Amerikaanse regerings- en sakeleiers gevoer om bande op die gebied van handel, belegging en toerisme te versterk. Die premier het ook die provinsie se planne […]
# Die Wes-Kaapse regering bied befondsde opleiding en vakleerlingskappe aan vir werklose jongmense in al ses streke van die provinsie. Die programme sluit loodgieters en elektriese werk in, asook opleiding in konstruksie, gesondheid en veiligheid, opmeting en bouwerk. Dirk Wessels van die DA sê aansoekers tussen die ouderdomme van 18 en 30 wat kwalifiseer kan […]
# Die Kouga-munisipaliteit in die Oos-Kaap het Suid-Afrika se eerste munisipale battery-energiebergingstelsel bekendgestel. Die burgemeester, Hattingh Bornman, sê die projek sal elektrisiteitskoste verminder en energie-veerkragtigheid versterk. Die batterye sal buite spitstye laai en gedurende duur piektye krag lewer, wat tot ‘n aansienlike besparing vir die munisipaliteit sal lei. Die projek van byna 20-miljoen-rand sal aanvanklik […]
# Krieket: Die ervare kolwer en paaltjiewagter Jos Buttler sal weens ‘n besering nie aan Engeland se eendag-driehoekige reeks in Pakistan kan deelneem nie. Hy het die besering verlede week tydens die tweede eendagwedstryd teen Sri Lanka op Headingley opgedoen. Jordan Cox is as sy plaasvervanger aangewys. Die reeks teen Pakistan en Sri Lanka begin […]
# Krieket: Môre se laaste eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Australië in Potchefstroom is ‘n blote formaliteit nadat die Proteas die eerste twee wedstryde gewen en daarmee hul sesde agtereenvolgende eendagreeks teen hul aartsvyand beklink het. Die gashere het die besoekers in Durban met 67 lopies geklop voor ‘n oorwinning van 32 lopies op die Wanderers. […]
# Business Leadership South Africa sê die regering moet sy ekonomiese hervormings en beleidsverbintenisse op koers hou. Die organisasie ondersteun Eskom se plan om voor te berei vir ‘n meer mededingende elektrisiteitsmark, met meer privaat ondernemings wat krag verskaf. Dit wil ook vordering hê met die skeiding van die nutsmaatskappy se transmissiebesigheid en die vermindering […]
# Die DA wil hê die Inligtingsreguleerder moet ‘n moontlike oortreding van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting ondersoek. Dit volg na ‘n datalek by Gauteng se toepassing vir die e-paniekknoppie. Michael Waters van die party sê inwoners se persoonlike inligting is moontlik blootgestel. Waters wil antwoorde hê oor hoe die voorval plaasgevind […]
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê die tydelike voorsorgmaatreël wat sardynvangste beperk, sal vandeesweek hersien word. Die maatreël, wat ingestel is ná berigte oor sardyne wat vrek langs die noordelike Wildekus, bly tot Vrydag van krag. Wetenskaplikes sal die jongste verslae, laboratoriumbevindinge en visvangdata oorweeg voordat hulle aanbevelings maak. Die departement […]
# Die voormalige minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het ontken dat sy die militêre kontrakteur Nombasa Ntsondwa-Ndhlovu vir twee-miljoen-rand gevra het om haar man tot geneesheer-generaal van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te laat bevorder. Die staat beweer sy was van plan om die geld te gebruik om die destydse hoof van die SANW, generaal Solly […]