# Die Kouga-munisipaliteit in die Oos-Kaap het Suid-Afrika se eerste munisipale battery-energiebergingstelsel bekendgestel. Die burgemeester, Hattingh Bornman, sê die projek sal elektrisiteitskoste verminder en energie-veerkragtigheid versterk. Die batterye sal buite spitstye laai en gedurende duur piektye krag lewer, wat tot ‘n aansienlike besparing vir die munisipaliteit sal lei. Die projek van byna 20-miljoen-rand sal aanvanklik St Francis, Sea Vista en Kaap St Francis vir ‘n drie maande lange proeflopie bedien. Indien dit suksesvol is, beplan Kouga om batteryberging uit te brei, gevolg deur sonkrag.
Kouga begin munisipale batterybergingsprojek