# ‘n Polisie-ondersoeker het tydens die geregtelike doodsondersoek na Anele Tembe se dood getuig haar verloofde, die oorlede kletsrymer Kiernan “AKA” Forbes, het kalm voorgekom nadat sy in April 2021 van die tiende verdieping van die Pepper Club Hotel in Kaapstad geval het. Forbes is die volgende jaar in Durban vermoor. Die ongenoemde ondersoeker het […]
# SANParke het die nuwe Letaba-hoogwaterbrug in die Krugerwildtuin ingewy tydens Toerismemaand en SANParke-week. Woordvoerder JP Louw het aan die SABC gesê die opgeknapte brug is ontwerp om toekomstige oorstromings en die gevolge van klimaatsverandering beter te weerstaan. Hy sê ‘n breër leivoor sal die watervloei verbeter. Die Letaba-ruskamp word ook stelselmatig heropen ná die […]
# ActionSA sê hy het ernstige bestuursgebreke in die Padongelukkefonds blootgelê nadat meer as 29-miljoen-rand aan 16 werknemers betaal is terwyl hulle geskors is, sommige reeds sedert 2024. Dit beloop ‘n gemiddeld van 1,82-miljoen-rand per werknemer sonder dat enige werk gedoen is. Alan Beesley van die party sê ‘n parlementêre antwoord toon drie werknemers is […]
# Die president van die Afrika Mayibuye-beweging, Floyd Shivambu, sê die party sal munisipaliteite se tenderstelsel skrap omdat dit grootliks verantwoordelik is vir korrupsie en swak dienslewering. Hy het party se plaaslike regeringsverkiesings-veldtog bekend gestel in Midrand, Gauteng. Shivambu sê politieke leiers gebruik dikwels tenders om hulself te verryk. Hy voer aan munisipaliteite moet die […]
# Die Randburgse Landdroshof in Gauteng het die sakeman en vennoot van die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris Shadrack Sibiya, Stuart Scharnick, uitgevra oor die verskillende woonadresse in sy beëdigde verklaring. Hy vra borgtog nadat hy van vuurwapenverwante misdrywe aangekla is. Die hof sê adresse wat verskaf word, moet aandui waar ‘n persoon werklik woon. Scharnick, wat […]
# DA-leier Geordin Hill-Lewis sê sukkelende metro’s sal eers hul geldsake en basiese dienste moet herstel voor groter infrastruktuurprojekte aangepak kan word, insluitend die regmaak van slaggate, straatligte en verkeersligte. Hy het aan die SABC gesê grootskaalse infrastruktuur-herstelwerk sal miljarde-rand kos. Die DA werf intussen kiesersteun in metros soos Johannesburg, Kaapstad, Nelson Mandelabaai en eThekwini. […]
# Motoriste wat reis tussen Kaapstad en die Kaapse Wynland kan weer deur die Hugenote-tonnel ry nadat dit vir alle voertuie heropen is. Die tonnel op die N1 is Vrydag gesluit weens sterk wind voor dit Saterdag slegs vir ligte voertuie heropen is. Die Wes-Kaapse regering het bevestig beperkings op swaar voertuie, woonwaens en sleepwaens […]
# Twee plaasaanvalle het kommer laat ontstaan oor landelike veiligheid in Stellenbosch en die Kaapse Wynland. Volgens berigte het ‘n hoogs-gekoördineerde aanval die naweek in die Klapmuts-gebied plaasgevind waar ses gewapende mans by ‘n plaashuis ingebreek, ‘n egpaar aangeval en vasgebind en waardevolle besittings gesteel het. Polisiewoordvoerder Frederick van Wyk het bevestig dat ‘n egpaar […]