# SpaceX het sy reuse-Starship-vuurpyl gelanseer in ‘n eerste poging om ‘n wentelbaan om die Aarde te bereik. Die onbemande tuig het tydens sy 14de toetsvlug vanaf die maatskappy se Starbase-fasiliteit in Texas opgestyg. Die sending, wat byna tien uur sal duur, het ten doel om Starship ongeveer ses keer om die Aarde te laat […]
# Met die wêreld wat Internasionale Hondsdolheidsdag onder die tema “Sterker saam” herdenk, het die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, veeartse en dieregesondheidtegnici wat hondsdolheid bestry geprys. In 2025/26 het spanne 132-duisend-458 honde, katte, beeste en perde teen ‘n koste van meer as 1,2-miljoen-rand teen hondsdolheid ingeënt as deel van breër siektevoorkoming. Meyer moedig […]
# Die Thabo Mbeki-stigting het ‘n verslag gepubliseer wat die verhoudings tussen Suid-Afrika en die Verenigde State ondersoek, met die fokus op die toekoms van Afrikaners en rasse-regstelling. Die artikel van 123 bladsye bespreek die VSA se steun vir Afrikaner-organisasies wat groter kulturele en politieke outonomie soek, en die potensiële impak op Suid-Afrika se post-apartheid-skikking. […]
# Die Gautengse Departement van Gesondheid sê medisyne red slegs lewens wanneer dit korrek gebruik word. Die departement se woordvoerder Steve Mabona sê die publiek moet medisyne volgens voorskrif gebruik, nooit medikasie deel nie, dit korrek berg en medisyne wat verval het na klinieke of apteke terugneem. Hy sê nakoming van behandeling is noodsaaklik vir […]
# Die Britse polisie sê al vyf mans wat in hegtenis geneem is vir ‘n vermeende terreurkomplot naby die Koninklike Lugmagbasis Fairford, is Britse burgers in hulle twintigerjare en van Londen. Die mans is gister gearresteer na drie verdagte voertuie op pad na die Gloucestershire-lugbasis opgemerk is. Die Amerikaanse weermag gebruik die basis. Hulle is […]
# Die DA verwelkom die Spesiale Ondersoekeenheid se terugvordering van 42-miljoen-rand wat verband hou met die korrupsieskandaal by die Tembisa-hospitaal. Die party voer egter aan die verhaling van belastingbetalers se geld is nie genoeg nie, en dring aan die hele korrupsienetwerk moet ondersoek word sodat diegene wat daarvoor verantwoordelik is, aan dissiplinêre of strafregtelike stappe […]
# Die getuienisleier van die Madlanga-kommissie, advokaat Matthew Chaskalson, sê WhatsApp-boodskappe toon hoe taxi-base Oupa Sindane en Joe Sibanyoni na bewering beskermingsfooie van konstruksiemaatskappye eis. Chaskalson het selfoonboodskappe voorgelê wat na bewering verwys na gedwonge betalings en dreigemente om werksaamhede te ontwrig. In een gesprek spreek Sindane teleurstelling uit oor die feit dat hy nie […]