Skip to content

Gautengse Gesondheid moedig korrekte gebruik van medisyne aan om lewens te red en komplikasies te voorkom [KLANK]

# Die Gautengse Departement van Gesondheid sê medisyne red slegs lewens wanneer dit korrek gebruik word. Die departement se woordvoerder Steve Mabona sê die publiek moet medisyne volgens voorskrif gebruik, nooit medikasie deel nie, dit korrek berg en medisyne wat verval het na klinieke of apteke terugneem. Hy sê nakoming van behandeling is noodsaaklik vir siektes soos MIV, tuberkulose, hoë bloeddruk, diabetes en ander chroniese toestande. Mabona sê die misbruik van antibiotika lei tot weerstandigheid, en pasiënte moet die volle kursus voltooi:

ENG MabonaOnMedicine