Skip to content

Terreurverdagtes by Lugmagbasis Fairford is almal Britse mans van Londen

# Die Britse polisie sê al vyf mans wat in hegtenis geneem is vir ‘n vermeende terreurkomplot naby die Koninklike Lugmagbasis Fairford, is Britse burgers in hulle twintigerjare en van Londen. Die mans is gister gearresteer na drie verdagte voertuie op pad na die Gloucestershire-lugbasis opgemerk is. Die Amerikaanse weermag gebruik die basis. Hulle is aanvanklik in hegtenis geneem vir beweerde plofstofmisdrywe en later vir ‘n vermeende poging tot die pleeg van ‘n terroristedaad. Teen-terrorisme-polisie sê die ondersoek is nog in ‘n vroeë stadium, insluitend bande met Iran, maar geen motief is nog vasgestel nie.