# Met die wêreld wat Internasionale Hondsdolheidsdag onder die tema “Sterker saam” herdenk, het die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, veeartse en dieregesondheidtegnici wat hondsdolheid bestry geprys. In 2025/26 het spanne 132-duisend-458 honde, katte, beeste en perde teen ‘n koste van meer as 1,2-miljoen-rand teen hondsdolheid ingeënt as deel van breër siektevoorkoming. Meyer moedig eienaars aan om vermeende gevalle aan te meld en sê elke inenting bring die provinsie nader aan die uitwissing van menslike hondsdolheid wat deur interaksie met diere veroorsaak word:
Wes-Kaap herdenk Internasionale Hondsdolheiddag met tema “Sterker Saam” [KLANK]
AFR MeyerOnRabies