# Die vakbondfederasie SAFTU vra dringende optrede oor die moord op vroue in Ekurhuleni. Nog ‘n vrou se liggaam is gister naby Rhokana-weg in Springs gevind, wat die getal vroue wat onlangs in die gebied vermoor is, op elf te staan bring. Asive Dyani van SAFTU sê owerhede moet dringend bepaal of ‘n reeksmoordenaar betrokke […]
# Die Activists and Citizens Forum sê townships het al hoe onveiliger geword ná die reeks dodelike skietvoorvalle by sjebiens oor die naweek in Gauteng en die Wes-Kaap. Dennis Bloem van die forum doen ‘n beroep op sterker polisie-optrede van misdaadintelligensie om massaskietvoorvalle te voorkom en die verantwoordelikes te identifiseer. Hy versoek ook die regring […]
# Meer as 300 gevangenes neem deel aan die jaarlikse Funda Mzantsi-kampioenskap in George in die Wes-Kaap. Hulle ding mee met studente en gemeenskapsboekklubs in lees, debatvoering, spel en boekresensies. Die kompetisie, wat deur die Departement van Korrektiewe Dienste en die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika georganiseer word, bevat 12 amptelike tale, met Nama, ‘n inheemse […]
# Krieket: Anrich Nortjé en Gerald Coetzee kan na toetskrieket terugkeer nadat hulle in die Proteas se voorlopige groep ingesluit is vir die drie toetse teen Australië. Die Dolphins se kaptein, Marques Ackermann, kan sy eerste toets speel. Kagiso Rabada is ook ingesluit terwyl hy steeds herstel van ‘n besering wat hom uit die eendagreeks […]
# Die GOOD-party het Sarah Mabotsa se lidmaatskap beëindig en haar as ‘n raadslid van Tshwane verwyder. Mabotsa, wat as burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning gedien het, is onlangs aangekondig as Rise Mzansi se burgemeesterskandidaat vir die metro ingevolge ‘n samewerkingsraamwerk tussen die twee partye. Brett Herron van GOOD sê die besluit volg […]
# Die Vryheidsfront Plus in Gauteng sê as agt swaar gewapende aanvallers met AK-47s ‘n taverne kan binnestorm, 18 mense kan vermoor en 15 wond, beteken dit georganiseerde gewapende misdaad is buite beheer in dele van die provinsie. Woordvoerder Jaco Mulder verwelkom die eerste inhegtenisneming in Tzaneen, Limpopo, maar sê misdaadintelligensie moes die netwerk vroeër […]
# CapeNature vra inwoners en besoekers om nooit pelsrobbe te nader, aan hulle te raak of te voer nie, en onmiddellik op te tree indien hulle gebyt of aan speeksel blootgestel word. Woordvoerder Luke Folb sê minstens 176 mense is deur robbe gebyt sedert hondsdolheid einde verlede jaar langs die kusl bespeur is. Hy sê […]
# Twee reuse-pandas het by die Atlanta-dieretuin in Georgia, Amerika, aangekom as deel van ‘n nuwe bewarings- en navorsingsooreenkoms met China. Hulle is in die Chengdu-navorsingsbasis gebore. Die dieretuin het voorheen 25-jaar lank reuse-pandas gehuisves voordat sy ooreenkoms met China in 2024 verstryk het. Sewe welpies is tydens daardie vennootskap in Atlanta gebore voordat hulle […]