# Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid gaan vandag politieke verkiesingsuitsaai-gleuwe toeken in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Dit word gedoen om billike toegang tot die uitsaai-lugruim te verseker. Die toewysing volg op die ontvangs van die finale kandidatelys van die Verkiesingskommissie en sal geskied ingevolge die Uitsaairegulasies vir Munisipale Verkiesings. Die politieke uitsendings […]
# Die nasionale gesamentlike ondersoek na geslagsgeweld en vrouemoord het in Braamfontein, Johannesburg begin. Dit word gesamentlik gedoen deur die Kommissie vir Geslagsgelykheid, die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en die Kommisie vir die Beskerming van Kultuur-, Taal- en Godsdiensregte. Die vyfdaagse ondersoek plaas die kollig op hoe Suid-Afrika se strafregstelsel op geslagsgeweld reageer, insluitend aanmelding, slagoffer-ondersteuning, ondersoeke […]
# Die voorsitter van die Parlementêre ampsklagkomitee, Makashule Gana, het ‘n beëdigde verklaring by die Hooggeregshof in Kaapstad ingedien oor die herroeping van advokaat Thandazani Madonsela se aanbeveling as getuienisleier. Die EFF en die African Legal Professionals Association het die regsgeding aanhangig gemaak omdat die Parlement die aanbeveling teruggetrek het weens kommer oor Madonsela se […]
# Suid-Afrika het geskiedenis gemaak deur ‘n silwermedalje in vliegtuig-onderhoud te verower op die Wêreldvaardigheids-kompetisie in Sjanghai, China. Nege-en-twintig studente het die land in 27 vaardigheidsvelde verteenwoordig en meegeding teen ongeveer een-uisend-400 jong beroepslui uit meer as 90 lande. Die kompetisie bevorder uitnemendheid in tegniese en beroepsonderwys en -opleiding. Span Suid-Afrika, bygestaan deur senior amptenare, […]
# Pous Leo het mediese bystand met selfdood as vals deernis veroordeel tydens ‘n besoek aan Lourdes in Frankryk. Hy het tydens ‘n mis aan sowat 150-duisend mense gesê mense wat met ernstige siekte en pyn leef, het ‘n inherente waardigheid wat respekteer moet word. Leo sê wette moet nie daardie waardigheid verwyder nie, en […]
# Krieket: Die ervare Protea-kolwer David Miller verkies die nommer vyf-kolfposisie, maar sal speel waar hy benodig word. Hy het net nege lopies aangeteken in die eerste eendagwedstryd teen Australië in Durban, maar gister in die tweede kragmeting op die Wanderers ‘n blitsige 142 van slegs 93 balle aangeteken en Suid-Afrika gehelp om sy sesde […]
# Die pop-sensasie Taylor Swit het geskiedenis gemaak deur die kunstenaar te word met die meeste toekennings in die MTV-video-musiektoekennings. Die 36-jarige Amerikaner, wat voorheen saam met Beyoncé voor was met 30 toekennings elk, het gisteraand drie toekennings ingepalm in Los Angeles. Swift het die eerste Artist Director Honours ingepalm, asook Video van die Jaar […]