# President Cyril Ramaphosa vra Suid-Afrikaners om waaksaam te bly teenoor diegene wat nasionale eenheid wil ondermyn en burgers teen mekaar wil ophits. Hy skryf in sy weeklikse nuusbrief terwyl werkloosheid hoog is en ’n behoefte bestaan om beleggings te lok, is dit onverantwoordelik en onpatrioties om na die buiteland te reis om die valsheid […]
# Gholf: Amerika het op die laaste dag op die Medinah-buiteklub in Illinois dramaties teruggeveg om die Presidentsbeker die elfde agtereenvolgende keer te wen. Brandt Snedeker se span het agt punte gekort van die laaste 12 wedstryde teen die internasionale span om ‘n eerste nederlaag sedert 1998 af te weer. Hulle het nege van die […]
# Sokker: Ierland se afrigter, Heimir Hallgrimsson, is trots op sy span se houding tydens hul oorwinning van 3-0 oor Israel in hul Nasiesliga-wedstryd in Hongarye. Die spelers het nie hande geskud nie. Die Iere, met swart moubande, het hul koppe laat sak tydens Israel se volkslied. Hulle beheerliggaam sê dit was ter erkenning van […]
# Forum for South Africa sê gemeenskappe kan nie voortgaan om onder die bedreiging van geweldsmisdaad te leef nie. Dit volg op die naweek se massaskietvoorvalle in Gauteng en die Wes-Kaap wat die lewens van meer as 30 mense geëis het. Die forum se leier, Tebogo Mashilompane, sê die aanvalle beklemtoon die behoefte aan beter […]
# Die Gautengse polisie het ‘n ondersoek van stapel gestuur nadat ‘n 23-jarige vrou vanoggend in Mapungubwe-straat in Tembisa doodgeskiet is. Sy was op pad werk toe toe sy tydens ‘n beweerde rooftog om die lewe gebring is. Haar besittings is gesteel. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê die slagoffer is geïdentifiseer:
# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê Suid-Afrika moet aandag gee aan die nalatenskap van apartheid se ruimtelike beplanning wat baie lae-inkomstehuishoudings ver van indiensnemingsgeleenthede, gehalte-dienste en doeltreffende vervoer laat. Sy sê goed geleë grond, digter en gemengde gebruik-ontwikkelings, opknapping van townships, middestad-herlewing en vervoer is belangrike aspekte van ruimtelike hervorming. Simelane sê […]
# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê wetstoepassing in townships en landelike gebiede moet verbeter om misdaad te voorkom. Dit volg op die onlangse skietvoorvalle in Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal, waarin meer as 40 mense dood is. Die SAKP sê die harteloosheid van die moorde vra gesamentlike, nasionale optrede teen geweldsmisdaad. Hy sê wetstoepassingsowerhede moet […]