# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê wetstoepassing in townships en landelike gebiede moet verbeter om misdaad te voorkom. Dit volg op die onlangse skietvoorvalle in Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal, waarin meer as 40 mense dood is. Die SAKP sê die harteloosheid van die moorde vra gesamentlike, nasionale optrede teen geweldsmisdaad. Hy sê wetstoepassingsowerhede moet die moordenaars opspoor sodat hulle met die volle mag van die reg te doen kan kry.
SAKP eis gesamentlike, nasionale optrede teen geweldsmisdaad ná massaskietvoorvalle