# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta verwelkom die 2026 Grondslagfase-katalogus, veral die fokus op lees en begrip. Dit verskaf bygewerkte materiaal in ooreenstemming met die leerplan, sterker hulpmiddels vir basiese geletterdheid, en voorsiening vir nuwe vakke soos kodering en robotika. Die instelling van die katalogus sal sowat 1,6-miljard-rand kos. Makaneta sê dit verskaf 40 leesboeke per […]
# Die polisie in Limpopo het sake van moord en verkragting geopen teen ʼn polisiesersant van die Mecklenburg-polisiekantoor, en ook ‘n geregtelike doodsondersoek. Die man het na bewering gister ʼn 32-jarige man in die Sekhukhune-distriksmunisipaliteit doodgeskiet. Woordvoerder Malesela Ledwaba sê hy het daarna met ʼn 14-jarige meisie wat by hom was na sy woonplek in […]
# Die GOOD-party in Kaapstad vra ware en blywende oplossings vir geweld en sê elke gemeenskap het die reg op ʼn veilige en vreedsame woonbuurt. Sestien mense is die naweek in die stad doodgeskiet – tien in ‘n vermaaklikheidsplek in Lwandle. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die huidige benadering om geweld te bekamp werk […]
# President Cyril Ramaphosa oorweeg dit om die skorsing van nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola op te hef. Die Nasionale Vervolgingsgesag het verlede week die aanklagte teen hom formeel teruggetrek. Die Onafhanklike Direktoraat teen Korrupsie het hom aanvanklik aangekla en in hegtenis geneem vir beweerde oortredings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur weens kommer oor […]
# Die dodetal na die massaskietery by die Wedela-taverne aan die Gautengse Wes-Rand het tot 18 gestyg nadat ʼn slagoffer in die hospitaal dood is. Agt mans met AK-47-gewere en pistole het Saterdagaand toegeslaan en 13 mans en vier vroue is op die toneel dood. Sommige mense is blykbaar deursoek en hul selfone gesteel voor […]
# Die MK-party se Strategiese Presidensiële Span sê die Wes-Kaapse Hooggeregshof se uitspraak dat hy twee partylede weer moet aanstel, is nie slegs ʼn regskwessie tussen twee individue nie. Die leier, Jacob Zuma, het Pumlani Kubukeli en Khanyisile Litchfield-Tshabalala verlede maand uit die party en Parlement geskors en beskuldig hulle dat hul gedrag die reputasie, […]
# Tshwane-polisie het die afgelope naweek 356 verdagtes vasgetrek tydens ʼn multidissiplinêre Operasie Shanela-optrede in Soshanguve en Loate terwyl die aanslag op ernstige en georganiseerde misdaad voortgaan. Hulle misdade sluit in moord, poging tot moord, gewapende roof en geslagsgeweld. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê 41 onwettige buitelandse burgers is aangekeer en aan immigrasiebeamptes oorhandig […]