# ActionSA veroordeel die massaskietery gisteroggend in die vroeë oggendure in Lwandle, naby die Strand by Kaapstad. Tien mense is doodgeskiet en elf gewond toe gewapende mans op ʼn kuierplek losgebrand het. Vier mense is ook in ʼn afsonderlike skietvoorval in Khayelitsha dood. Wes-Kaapse polisie het ʼn multidissiplinêre taakspan, gelei deur verskeie speurders wat ernstige […]
# Switserse kiesers het ‘n voorstel om neutraliteit te handhaaf, teen-Russiese sanksies op te hef en lidmaatskap van NAVO te verbied, oorweldigend met ongeveer 70-persent verwerp. Die regsgesinde populistiese Switserse Volksparty het die voorstel ondersteun en beweer die regering beweeg te na aan die Europese Unie en NAVO, veral oor Rusland se oorlog teen Oekraïne. […]
# Die nasionale ondersoek na die aanmelding, slagoffer-ondersteuning en voorverhoor-werking van die strafregstelsel se reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord is verleng. Die Kommissie vir Geslagsgelykheid, die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalgemeenskappe doen die ondersoek. Die Menseregtekommissie se woordvoerder, Wisani Baloyi, sê die […]
# Die vakbondfederasie SAFTU vra vir die totstandkoming van ‘n breë nasionale beweging om misdaadbendes te ontwapen en gemeenskappe uit geweld te red. Dit volg na twee massaskietvoorvalle die afgelope naweek in Gauteng en die Wes-Kaap waarin 27 mense dood en 26 beseer is. Asive Dyani van SAFTU sê die regering kan nie die verspreiding […]
# Die Spesiale Ondersoekeenheid het 42,4-miljoen-rand in kontant, eiendom, pensioene en beleggings gevind wat verbind word met omkoopgeld wat volgens berigte deur die sakeman Stefan Joel Govindraju aan amptenare by die Tembisa-hospitaal betaal is. Die ondersoekeenheid sê Govindraju se sindikaat het 75 maatskappye gebruik om ongeveer 600-miljoen-rand se hospitaalkontrakte te kry, en 100-miljoen-rand is as gunslone […]
# Die DA vra onmiddellike multidissiplinêre samewerking tussen Misdaadintelligensie, gespesialiseerde speurders, die Valke, vuurwapenopsporing en forensiese kenners om die netwerke te identifiseer en te ontmantel wat verantwoordelik is vir massaskietvoorvalle, bende-aktiwiteite en afpersing. Dit volg na massaskietvoorvalle die afgelope naweek in Gauteng en die Wes-Kaap waarin 27 mense dood is. Lisa Schickerling van die DA […]