# Die Spesiale Ondersoekeenheid het 42,4-miljoen-rand in kontant, eiendom, pensioene en beleggings gevind wat verbind word met omkoopgeld wat volgens berigte deur die sakeman Stefan Joel Govindraju aan amptenare by die Tembisa-hospitaal betaal is. Die ondersoekeenheid sê Govindraju se sindikaat het 75 maatskappye gebruik om ongeveer 600-miljoen-rand se hospitaalkontrakte te kry, en 100-miljoen-rand is as gunslone aan hospitaalamptenare betaal. Govindraju is verlede maand gearresteer op 70 aanklagte wat bedrog, diefstal, geldwassery en korrupsie-verwante oortredings insluit. Hy is op borgtog van 200-duisend-rand vrygelaat en verskyn na verwagting hierdie week in die hof vir pleit- en vonnisoplegging-prosedures.
Spesiale Ondersoekeenheid kry meer as 42-miljoen-rand kontant en bates verbind met omkopery by Tembisa-hospitaal